Byname kan soms frustrerend wees, soms lagwekkend en soms net die moeite werd.  Soms word byname bietjies te ver gevoer ook en soms net perfek.

Waarom ‘n kind met ‘n sekere naam doop en dan sy naam heeltemal verander in ‘n bynaam?  Neem bv.  Johannes Cornelius en word dan JC gedoop of Petronella Gertruida Martha en noem haar Petro ens.  Sjoe, ek het drie name en gebruik net een.  Swaar baie swaar dra aan name.

Michael kon Alicea se naam nooit as klein seuntjie onthou nie en het haar Jaja genoem…en soms het ek haar hardop op haar naam geroep en sy hoor nie, maar Jaja het sy duidelik gehoor…nou nog.  Sy haat die naam, maar vir M was dit ‘n troetelnaam vir sy sussie.

As ek aan die skool dink, dink ek aan al die Pikkewyne wat mekaar met byname doop.  Toe Michael in Gr 8 gekom het, was hulle op ‘n groentjiekamp…daar het een Graad aggie en sy vriend die VSR met ‘n kettie bestook en dadelik is die twee Kettie en Klippie gedoop.  En nou is hulle groot mans en Kettie en Klip mekaar steeds.  So het twee seuns voor my gesit en die een is Chubby gedoop en die een wat chubby was, wou ook chubby gewees het, ook dieselfde tyd destyds en ek doop toe die ander een Pokkels.  Steeds is Pokkels, Pokkels maar Chubby het lank en skraal geword en het Nicky geword.  ‘n Vriendin het ‘n kind Jakkals gedoop omdat hy skelm opgetree het, en die bynaam het bly kleef.  Soms onthou ons die Pikke by hul byname…

Ja, die onderwysers het baie byname, maar daar hou ek verby.  Wonder soms wat myne is, alhoewel hulle sê dat ek nie een het nie.  Ek onthou deur my loopbaan byname soos De Wreed, Graspadda, ou Wortel, Groenie, Tappie, Krappie, Bok, Hasie, Skaap, Ou Bog, ens…wag ek het een vir my…Juffie Pretoors (net omdat ek die Pikkies dan ignoreer), meestal Juffie of soms ‘Mam’ hulle my (al gee ek Afrikaans). ‘Máaáaáaámm’….klink asof hulle vir my blêr… Ja, ek was al ma, ouma, tannie, mamma genoem wanneer die Pikkewyne ingedagte is.  Dan word daar gelag en gaan aan met die dag se sleur.

Wat ek soms regtig nie van hou nie, is wanneer iemand my ‘girl’.  Ek is niemand se ‘girl’ nie.  Dis waar ek ‘n weersin opbou.  Ek ‘boy’ nie niemand nie, dus ‘girl’ jy my nie…Hehe…Imagine die volgende name…sweety, jy’s my cherry…gogga…poppie…Kietie…my Baby…of Babes – dis die vark se naam in daardie fliek “Babe” (hahaha)…

Die mooiste bynaam wat ek nog ooit ontvang het, was Mamma…ek dink soveel vroue het dié bynaam en dis die bynaam wat niemand ooit aanstoot sal neem nie.  Dis die bynaam wat op elke vrou se gesig ‘n glimlag sal plaas.  Deernis oor haar hele gesig sal sprei en die sagtheid na vore bring.  Ek dink ook dis een van die mooiste woorde wat enige vrou ooit sal hoor.  Indien sy nie kinders het nie, en ‘n kind uiter ingedagte die woord “mamma”, dan glimlag daardie persoon steeds.  Dis seker die woord wat die minste aanstoot in die wêreld sal neem.  “Mamma…”

Wanneer Pikkies die skool verlaat is Juffrou soms ‘n naam wat kleef.  M se vriende gesels  met my en vra wat hulle my nou moet nou…Tannie en tog nie Antie nie…en soos die seuns maar is…Antie hulle my…ons lag maar net.  Tipies seuns eintlik nou jong mans.

Ek het ook agter gekom dat baie mans vrouens byname gee.  My x het my Engel genoem, maar elke vrou in sy lewe engel hy steeds.  Dis vir my weird, want dis so steriotiep.  Wanneer iemand my ‘n bynaam gee, wonder ek of hy nie dalk sy vorige liefdes met dieselfde bynaam gedoop het nie.  En moenie my ‘Jy’ nie, ek is nie jou jy of jou – jou nie.  (Lag ek nou lekker hiervoor).  En my naam is met ‘n A aan die einde en nie ‘n E nie.  So vol fiemies.

Byname soms goed, soms snaaks, soms kleef dit, soms nie…en so onthou ons die mense in ons lewe.

Ag, al noem hulle my wat ookal, dis okay, want after all, what is in a name…baie as jy my vra.

EkWasHier