…♫♪♫…should old acquaintance be forgot…♫♫♪…and never brought to mind…♫♪♫…should old acquaintance be forgot…♫♫♪…and never brought to mind…♫♪♫…so het die jaar verby gevlieg en ek moet sê dat 2016 ‘n goeie jaar was.  ‘n Jaar waar ek myself meer gevind het.  ‘n Jaar waar ek meer deur mense gesien het en ‘n jaar waar ek selfs onderrig geniet het.

Die vraag is:  should old acquaintances be forgot…sommiges beslis…ander bly.  Hierdie jaar was in baie opsigte moeilik, ander aanvaarbaar en ander maklik…om jou hele lewe in die skaduwee van iemand te leef het ek begin oorkom…ek wil myself wees, nie wat ander my wil maak nie.  Soms verstaan mense nie waarom jy optree soos jy optree nie, en ek het besluit dat dit hulle probleem is, ek gaan myself nie meer verduidelik nie.  Ek hoef nie…elkeen het sy eie probleme, sy eie hartstryd, sy eie lewenswandel om op te klaar.  Dus, sommige old acquaintances kan forgot word, soms laat dit berge van jou skouers afval…soms nie, maar vir my was dit goed.

new-year-bullshit

2017 beteken ‘n nuwe begin, nuwe jaar, nuwe vooruitsigte en nee, ek het nie nuwejaarsvoornemens nie.  Maar jy voornemens breek jy dit die volgende dag.  Dus, vat elke dag soos dit kom.  Begin om meer te lag vir goed wat mense aanvang en gaan die lewe bou soos ek moet; dag-vir-dag.  Dis al.

My hele lewe het ek gedink aan wat ek vir ander moet doen om hulle gelukkig te hou, die keer is dit wat my gelukkig gaan hou.  Ek gaan my drome ook beskou as ‘n blessing en weet dat Infinite Spirit, die Vader van die Heelal, dit as ‘n blessing gegee het.  Ek blaker selde die drome uit, maar gaan dit beskou as een van die grootste gawes wat ek het.  Mense besef nie dat ons op die ou einde almal een is nie…want wanneer ons terugkeer hemel toe, gaan ons deel wees van een groot familie onder God.  Ons gaan in ons sielsfamilies wees en mense besef nie die skade wat hulle hier aanrig tot dit te laat is nie.  Deur dieper na die lewe te kyk, en nie net voor te gee nie, maak mens anders (weird).  Ek gaan beslis nie voorgee ek is ‘n Christen, dan vloek en skinder en drink en wrokke hou en mense beledig nie…ek dink mens se dade, woorde en optrede spreek boekdele.

In werksituasies word mense soms werk gegee wat jy nie wil doen nie, en om daardie punt te bereik om jou gedagtes en innerlike te kry om dit te doen, is nogal ‘n groot mindset verandering.  Wanneer ander net die lekker van die lewe toegedien word, onthou dat wiele draai en alles is nooit soos dit lyk nie.  Don Cosset het in sy boek geskryf:  What you say is what you get.  My ma het altyd gesê dat die meule draai.  Miskien kry jy nou swaar, maar onthou jy weet nie wat God vir jou beplan nie.

new-life-old-life

Nuwe acquaintances gaan in my lewe opdaag, ek gaan hulle ontmoet en van hulle gaan by, dalk vir ‘n dag, seisoen, jaar of dalk vir ewig.  Elkeen wat mens ontmoet, dra deel van jou in hul harte weg.  Elkeen wat jou ontmoet, sien jou in ‘n ander lig.

Steeds sal ek bly by wat Abraham Lincoln gesê het:  As ek nie van jou hou nie, gaan ek jou beslis beter leer ken.  Dis my missie met die leerders wat voor my kom sit in 2017…en ek glo dit gaan ‘n wonderlike jaar wees.

Ek wil afsluit met hierdie woorde:

Wie wil, die kan.

Wie nie wil nie, die moet.

Wie nie kan nie, die bars

Maar ek, ek sal!

EkWasHier