“Whatever is destined not to happen will not happen, try as you may.

What is destined to happen will happen, do what you may to prevent it.

This is certain. The best course is therefore, to remain silent.”

Sri Ramana Maharshi

Lees ek mos nou weer ietsie op Internet raak, lees die artikel en begin self wonder en vrae vra.  Hoekom is ons hier op die Aarde?  Wel, ek gaan my opinie lig, jy mag jou eie hê en ek respekteer dit…

Ek dink een van die grootste lewenslesse op aarde is om jouself te ‘reinig’. Reinig van versoekings, die sogenaamde ‘cravings’ in die lewe, selfsugtigheid, trots, selfgesentreedheid en die mens se onkunde in die lewe self.

be a nice human.jpg

  • Soms ‘crave’ die mens na soveel dinge in die lewe;  begeertes na beter dinge, hebsug en ontrouheid in die huwelik en verhoudings, wellus…die soeke na iets buite jouself wat jy nooit sal vind nie, tensy jy ‘let go‘…Ons lewens het ‘n expiry-date, dood is finaal en jy weet nie wanneer daardie dag is nie, en mens moet tog genees voordat jy hierdie wêreld verlaat.  Die mens is so ingestel net op homself en kan nie die goed saam met hom in die hiernamaals inneem nie.  En, ons lieg so vir onsself…nie eens van die ander te praat nie…Dis seker nou die tyd om hierdie goed te laat gaan…aan jouself te werk en nie voor te gee vir dit wat jy nie is nie
  • Selfgesentreerdheid en innerlike wroegings verg soms aandag, hoe om daar verby te kom is nogal baie, baie moeilik.  Ons dra afguns, woede, jaloesie, haat, geirriteerdheid teenoor jouself en ander rond, depressie, afkeure, nydigheid ens. oral saam met ons rond.  Dis negatiewe, vergiftende self-geinspireerde goed wat werklik toksies vir die liggaam, of sal ek veel eerder sê, die siel is.  Het jy nie al daaraan gedink dat wanneer ons bg. dinge doen dit onsself skade aan doen nie?  Ons beskadig net onsself, dus wanneer jy werklik vergewe, vergewe jy nie die ander nie, maar eintlik net vir jouself – eerstens natuurlik.  Ek het ‘n kursus begin net voor my egskeiding en dit het gesê dat woede en onderdrukte haat kanker veroorsaak…dus is vergifnis die beste medisyne. Woede sit oor in depressie, depressie na kanker en die bose kringloop begin.  En meeste van die goed bring ons net op onsself en niemand anders plaas dit op jou nie.
  • Sjoe, trots, hoogmoed kan ook mens affekteer.  Daar is natuurlik my trots vir die plek waar ek werk, my land, die vlag ens…maar soms kom hoogmoed uit ‘n ander rigting soos rykdom, status van jou gesin, die posisie wat jy by die werk beklee, die posisie van jou vriende, hoe mooi jy is, of hoe slim jy is ens…soms spog ons oor hoe slim en gelowig ons is en dat ons op die regte geestelike pad is…dis eer by ander soek en om jou eie ego ‘n ‘boost’ te gee. Soms stel mense ander aan, nie uit hul kundigheid nie, maar om hul ego’s op te blaas.  Geen werk, land, gesin, verhouding, vriendskap kan op ego geplaas word nie… Jou bubble gaan een of ander tyd bars, maar dis dan met die eie innerlike waarmee jy die stryd sal hê…

self-worth

  • Selfsugtigheid kan soms ‘n lelike ding afgee.  Ons, as mense is maklik om vir ander te vertel hoe goed en reg ons is en wat ons vermag…maar is dit nie ook om die eie ego te ‘boost’ nie?  Eintlik is dit soms beter om veel eerder stil te bly, en die ‘ek…ek…ek…’ agter te laat.  Selfsug gee aanleiding tot jaloesie, woede, om op die medemens te trap en vriende te bevoordeel, ens.  Bly liewer stil, dis soms die beste antwoord. As die mensdom net wil vergewe, dan sal die wêreld soveel beter plek wees vir almal.
  • Waar dit by onkunde kom, dan lewe mens in ‘n wêreld van sy eie.  Die mens is geneig om so vinnig oor soveel onderwerpe hul opinies te uiter sonder enige gegronde feite. Deur hulle opinies op ander af te dwing kan miskien vir ‘n rukkie werk, maar daarna gaan daar wel iets teruggevra word, en gee jou pinkie en hulle gryp die hand.  Daar is soveel konsepte waar die mens ander onderrig met verkeerde dogma’s en kennis en dan moet die regte kennis weer en weer oorgeleer word.  Ekke dink dis waar die ware intensies van ander misplaas word as wysheid.   Ware wysheid kan wel bekom word waar mens onkunde oorsit in die ontheffing van al bogenoemde punte soos gulsigheid, selfsugtigheid, trots ens.  Wysheid word verdien en kan nie gekoop word nie.

Opregtheid van vriendskap en enige ander verhouding moet al bg. opsy geskuif word, of daaraan gewerk word, of saam aanpak om die probleme te verwyder.  Sonder dit, kan mens maar aanhou, want wat sal wees – sal wees…

Ek wonder nou net, sê nou net, mens word weer gebore en al die dinge wat hy van ander op die Aarde sê oor hulle, word dan op hulle geplaas…sou hulle steeds dieselfde woorde geuiter het of sou die mens dan meer sag met ander gewerk het, hul bemoedig het en hulle gehelp het??  Ek vra maar net…

EkWasHierhuman-pattern