Luister nou mooi, ek gaan dit een keer sê en nie weer nie…dus, as jy dit mis dan is dit jou probleem…OK? Ok!

Wanneer ek iets gee, gee ek dit omdat ek graag wil, no strings attached.  Ek gaan nie elke keer boek hou van alles wat ek doen nie.  Doen ek iets, vergeet ek daarvan en gaan aan.  Wanneer ek ietsie gee, gee ek dit graag ≅ anders sou ek dit nie gegee het nie.  Ek gee, want ek doen dit graag, want ek weet hoe dit voel om dinge nie te hê nie…ek weet hoe dit voel om niks te kon offer nie, ek weet hoe dit voel om te ontvang, en ek weet hoe dit voel om iets te begeer, na iemand te verlang…ek weet hoe dit voel om alleen te staan.  Ek weet hoe dit voel om geignoreer te word, om te praat en nie eens gehoor te word nie…om lief te hê en niks te ontvang nie, om …ag, you catch my drift…

Ek gee graag want ek weet die waarde van gee is soveel meer as om te ontvang en weet jy wat?  Ek weier dat die wêreld my gaan stop om te deel.  Daar is mense wat dinge doen vir ander en nie raakgesien word nie, en weet jy…ek sien dit raak, en soms kry jy terug wat jy saai…al is dit met ‘n glimlag, ‘n drukkie…

words-and-souls

Wanneer jy my nie meer gaan waardeer nie, nie my waarde raaksien nie, nie my ernstigheid in ‘n situasie sien nie…wanneer jy my as vanselfsprekend aanvaar, oor my loop ≅ dis wanneer ek gaan draai…ek gaan nie ‘n woord sê nie, ek gaan net omdraai en loop.  Dink ek het daar slim geword…jy sal net die teleurstelling in my oë raaksien, en nee, ek sal niks uitpraat nie, nie dit bespreek met enige iemand nie…jou gesprekke by my is veilig.  Ek is, was en sal altyd so wees…

Maar wanneer jy my aanvaar soos ek is, vir wie ek is en wat ek is, sal ek jou vriendin wees, in alle tye.  Ek het harde lewenslesse die afgelope 21 jaar van my lewe geleer en waardevolle lesse daarby.  Die lewe is te kort vir ‘faff’ oor mense, hulle net te pamperlang ens…die lewe vir my is, gaan uit en doen goed aan ander ≅

My Ouma Ralie het altyd gesê:  Gooi jou brood uit op die water, eendag kom dit terug na jou toe.  En volgens my ma was sy ‘n vrou met ‘n oop hand…

Jou vriendin vir ewig…

EkWasHier

what I deserve.jpg