Oe…eh…eh…nou gaan ek baie kommentaar of laat lewer of dalk in stilswye ‘n stille dood laat sterf…
vroue swaar.jpg
Ek dink vrouens kry baie meer reg as baie mans…alle mans wys hoe oulik, sterk en wonderlik hulle is en watse wonderlike take hul by hul eie huise verrig…maar kom ek vertel jou een ding. Vrouens doen dit ook, al is dit krom en skeer, of met baie moeite omdat ons nie die muscles het nie, of dit neem tyd, maar doen – doen ons dit.
Ek het al baie kere ‘n klip in die bos gegooi en dan begin mans spog oor hulle wonderlike dade, maar niemand sal hulp aanbied vir die vrou nie…en dit laat my soms net wonder…het ons ridders ‘n stille dood gesterf?
Ek kyk na vaders wat hul vrouens los en dan die opvoeding en grootmaak vir die mama’s los. Ek sien hoe mans soms by vrouens verby loop en nie handjie bysit met iets swaars wat hul dra nie. Ek sien hoe pa’s ander vrouens se kinders beter as hul eie behandel. Ek sien hoe mans vir vrouens raad gee, maar nie ‘n vinger sal lig om te wys hoe nie. Ek sien soveel dinge raak…dan verwag die man nog gunsies vir sy hulp daarby ook. Ek sien mans wat gepamperlang wil word, en wat oor ge’faff’ wil word, maar laat sy arme vrou die vloerlapwerk doen. Waar is die ridders van ouds? Wat het van die mans geword wat nog hul volwaardige plek volstaan?  
Ek het juis bietjie mense getoets en hier volg ‘n paar antwoorde:
  • Leen ‘n pressure washer en spuit dit aF…(ok – ek weet nie waarvan jy praat nie…)
  • Ja, as jy dit self doen dat weet jy dis ordentlik gedoen
  • Wens ek was daar om jou te help
  • Jy’s ‘n flukse vrou
  • Dis harde werk, wie help jou? (Ek en Sipho)…Shame…
  • Moet ek kom help?   (sal jy?) …Ja…
  • Dis nie die werk vir ‘n vrou nie, laat Sipho die harde werk doen  (en ja, Sipho is die enigste een wat regtig help en goeie werk doen…)
  • Ok…(niks verder nie)
  • En ander antwoord glad nie…

Eish…talk is cheap soos die spreekwoord lei…

Wat ek wel gedoen het:

  • ‘n Sandblaster gaan koop
  • 3 Verskillende soorte skrapers, skuurborsels en skuurpapier gekoop
  • Mure met skrapers bygedam
  • Sipho help my
  • Joyce maak om ons skoon
  • Gaan primer koop en dit as onderlaag verf, dan PVA bo-oor…
  • En dis my projek vir die eerste 2 maande…LOL

skroewedraaie

Het die wêreld so verander dat die vrou nou die broodwinner moet wees, of die vrou die rol van jagter moet inneem…?  Dan…dan doen ek liewers alles myself, al neem dit ook ‘n volle jaar om hierdie ‘brug’ te bou…maar doen, doen ek dit myself.  En wanneer mans sê hulle sal help, hoor ek hoe halfhartig hulle wil help.  Ander gee weer ongelooflike raad, maar nie hulp nie…of hulle wens hulle was daar om die arme vrou te help…ek kry die vrou eintlik baie baie jammer.  Soveel wat met trane in hul oë vir my dinge sê…en dis wanneer mens inspring en met gelag dinge probeer doen.  Gelukkig vra ek nie vir gunsies en gawes of ander tipe “vergoeding” ni ( meeste mans het gesê hul “vergoeding” sal wees, afhangend van die skade)…O jinne, ek doen dit omdat ek graag my vriendinne wil help, en omdat hulle heel moontlik (ek hoop) dieselfde vir my sou gedoen het.
Ek weet daar is baie mans wat nog goed en wonderlik en eerbaar is, en hulle is meestal die getroudes wat hul plekke in hul huwelik en gesin as waardevol heg en ek gee aan hulle al die eer…
Hoop ek het op tone getrap en dat die manne die vrouens in nood of nie nood sal bystaan, sonder enige bybedoelings…
EkWasHier
mans-sonder-vroue
EN HIER VOLG ‘N SPOTPRENT SOOS EK BAIE MANS SIEN EN ERVAAR
myne-myne-myne
EK HOOP KOMMENTAAR WORD GELEWER.  EN NOU SIT EK SO LEKKER EN LAG…