skool-ons-werk-hier

So kom die vakansie tot ‘n einde…en nou begin die pret weer…nuwe Pikkies leer ken, nuwe en ou gesiggies, name leer (wat ‘n stryd).  Saam nuwe dinge aanpak, saam huil en lag…en natuurlik deurgaans ietsie leer ook…gelukkig is al my assessering en voorbereiding klaar vir die eerste kwartaal, met veranderinge seker hier en daar.  Junie eksamen wil ek vroegtydig vraestelle opstel, die keer van my eie stories gebruik en kyk hoe dit werk…

Michael het gister sy matriekuitslae ontvang…nou is hy finaal klaar met skool.  Ek is trots op hom.  Hy gaan mense ‘shadow’ en agter hulle aanloop en kyk wat hulle doen.  Mag hy vinnig besluit in watter rigting hy sy toekoms gaan stuur. Mag hy net voorspoed vorentoe beleef…

Vandag was ‘n heel interessante dag.  Ek het iemand vandag ontmoet.  My hande het gebewe en ek was skoon verBrouereerd…maar ek moet sê, die kuier was baie lekker en ons het seker drie en ‘n halwe uur gekuier.  My tandplaatjie is mos effens los, en ek was so bekommerd ek lag en dan trek die tand dalk uit my mond uit…gelukkig vir ‘n tong en lippe…sit ek maar en giggel met ‘n toe mond…Liewers heelbek as tandloos…en boonop is dit my voortand, dink net as ek ‘n grap vertel en die tand val uit…ek sal myself siek lag.

valstandeJa, ja, volgende week maak my tandarts sy deure oop en dan gaan ek letterlik die brug bou en oor dit kom…Haha…Hopelik kan ek dan weer op hierdie tande ietsie hards kou.  Ek wou eers vir nood gaan, maar verkies my persoonlike tandarts, hy weet hoe pieperig ek werklik is en hoe ek smeek vir ‘n salfie voordat hy aan my mond mag raak.  (moes die prentjie net invoeg…het my laat lag…) Onthou julle, toe ons jonk was:  Haasbek, liebek, karretjie wipgat oor die klipgat…

Volgende week gaan ongelooflik bedrywig wees.  M gaan ook vir sy leerlinglisensie en dis Dinsdagoggend om 8 am…dus moet ek nog afvra vir dit ook.  Die lisensiekantore wil ook nie hom laat skryf wanneer dit my pas nie, nee…ek loop een van ons matrieks van 2017 raak en hy bestuur al vir 2 jaar alleen.  Hy het nie sy bestuurderslisensie gekry nie, ek was skoon teleurgesteld.  Wat hy my vertel het my baie geskok oor hoe die mense die jeug hanteer.  Nou ja, Dinsdag is dit  M en lisensie…daarna die bestuurslisensie…en ek stres oor hom, maar soos gewoonlik verras hy my heeltemal.

weerlig1

Vanaand het eintlik baie lagwekkend afgesluit.  Die weer steek op en dit begin reën…ek natuurlik is mal oor die reën, donderweer en blitse.  Sit ek mos met die laptop en selfoon tesame, besig met alles natuurlik…die weerlig slaan ewe skielik hard hier naby…ek skrik so groot (wat ek selde doen) dat ek die laptop oor die bed gooi en selfoon trek deur die lug…net daar, met ‘n hart wat hard klop…lag ek vir myself…lanklaas so lekker geskrik…laat die adrenalien sommer wild klop deur my are.

Op die noot van die gesuis van reën, ‘n ligte bries en gerammel in die verte, groet ek op die sesde dag van Januarie en dis die sesde dag van die week…

EkWasHier