Om terug te kyk na die jaar 2016…dit was ‘n goeie jaar.  Ek het met ‘n positiewe houding skool toe gegaan en die Pikkewyne positief benader.  Natuurlik met haak plekke en soms  net-net deur die dae gekom.

Die hoogtepuntepunt was toe my dogter terug getrek het huis toe.  My  hart het daar bietjie begin genees.  My seun het gematrikuleer.  Die jaar het letterlik vreugde ingehou.

Gedurende 2016 was daar dae waar ek, as mens, twee treë vorentoe geneem het en soms een agtertoe.  Soms het dit gevoel of ek vorentoe val, en soms net weer om op my agterstewe te lande gekom.  Soms met spronge vorentoe en dan met ‘n geweldige slag agtertoe.  ‘n Jaar met baie ups and baie downs.  Maar – ek kan glad nie oor 2016 kla nie.  Dit een van die beste jare in my 6 jaar van alleen wees.

2017 is seker my Jakob en Ragel jaar…’n volle 7 jaar.  Ek sit nou die dag en werk uit…alles het in 7’s in my lewe gebeur…elke keer wanneer my hart gebroke was het dit 7 jaar geneem om te genees, sommige dinge het in 7 seisoene gebeur, sommige 7 maande.  Sewe is seker ‘n goeie getal…

2017.jpg

Kyk na vandag se datum…7-01-2017 en wanneer ek dit draai soos bv. mm/dd/jj…1-7-17…kan net goed wees. Vandag is een van my dae wat ek werklik van hou…dis bewolk en die motreëntjie is so ‘n lafenis.  Al wat ek nou mis is die donker swaar wolke en die donderweer en blitse – seker net om of die laptop en foon te gooi of om te probeer om weerligstrale af te neem.

Hierdie jaar gaan ek dag-vir-dag aanpak.  Niks jaag nie, niks onverantoordeliks doen nie (asof ek dit ooit doen), niks maande vooruit beplan nie.  Een treëtjie op ‘n slag.  Die verlede is verby, die toekoms is nog presies waar dit hoort en die hede…wel dit is hier en ek dis al wat ek werklik het…die hede.

time-watch

My gunsteling juwelierstuk is 2 horlosies op dieselfde arm…my kids het vir my die 2 gegee wat ek tans dra…maar ek wil vir my 2 silweres ook koop…horlosies was nog altyd fassinerend vir my…soos hul sê:  tyd staan nie stil nie en wag ook vir niemand nie.

EkWasHier