Soms dink ek dat ek beslis nie verniet onder die sterreteken van Pisces gebore is nie…Ek sweer ek is ‘n paradoks…een oomblik swem ek stroomop en die volgende oomblik stroomaf…

weird-crazy-you

Ek sien myself as so getrou aan mense dog is ek losstaande en niemand hou die snare van my hart vas nie.  Ek is so committed aan die mense om my tog is ek baie gerelaxed.  Ek is so voorspelbaar en tog kan niemand my werklik peil nie.  Ek is so lief vir almal om my, tog hou ek werklik my afstand.  Ek is ‘n introvert dog kan ek soms ekstroverties optree…Ek is so sag van binne en tog kan ek myself verhard by omstandighede…soms is ek baie sosiaal en soms wil ek net op ander steun…Binne is ek so sag en tog probeer ek ‘n ander front voorhou.  Ek kan soms so passievol wees en aan die anderkant kan ek platonies voorkom…

Soms voel ek so voorspelbaar in my onvoorspelbaarheid…Soms weer so onvoorspelbaar tewyl mense dink hulle kan my peil.  Soms voel dit of ek iemand in my lewe nodig het, en ander tye moet hul net wegbly.  Ek wil…en ek wil ook nie…Soms word ek net onderskat terwyl my waarde ver bo korale is…soms net andersom…

Maar wat ek wel vir seker weet;  lieg sal ek nie kan nie, jy sien dit in my oë.  Jou verraai?  Nog minder.  Vir jou opkom – beslis! Jou naam beswadder vir eie gewin?  Vergeet dit!  Jou vriendin wees?  Absoluut, deur dik en dun! En geheime, dit kan ek vir seker hou.  Ek sal tot my grootste vyand se geheime bewaar.  ‘n Vertrouensverhouding is vir my ongelooflik belangrik.  Normes en waardes is beslis my rigsnoer.

Paradoks?  Wel, take me or leave me…so maklik soos dit…

EkWasHier

weird.jpg