Soms, net soms  wens ek kon ‘n towerstaffie waai, of dalk dat ek ‘n Fairy Godmother gehad het wat my kon bystaan met haar towerstaffie.  Soms, net soms wens ek dat ek iemand gehad het wat my soms kan bystaan en net soms kan help waar ek vasbrand, veral met my kinders…

Dinsdag wou ek Michael vir sy bestuurslisensie inskryf nadat hy sy leerling verkry het, maar dan sou ek nooit by die skool uitgekom het nie, die ry het ver buite die gebou gestaan.  Gister en vandag was ek net te laat en hulle doen nie besprekings na een uur nie. En nee, ek het besluit om die waarheid te praat en my baas af te vra.  Dis so maklik om te jok, maar jok – aikôna, plaas net meer karma op jouself.  Iemand het gesê dat ek moet sê ek is siek…ek kan dit nie doen nie.  Van kleins af sit ek met hierdie gewete probleem van my…dit sal my ry tot by Daantjie in die kallerhok en miskien verder totdat ek die waarheid praat.   Ek vermy liewers konfrontasie…

Met Dinsdag se seminaar het ek soveel geleer.  Dit het baie oor die Law of Attraction gegaan en hoe jou vibrasie is.  Ek vra toe, tydens ‘n pouse, om my vibrasie te toets en dit toets toe 390.  Dit pas in tussen reason (400) and acceptance (350). Ek vra toe ook om my vibrasie t.o.v. my leerders te toets.  Daar vibreer ek op 290 wat dui op neutraliteit.  Ek lees toe wat Acceptance is en dit sê dat ‘n groot transformasie binne my plaasvind, dat ek myself begin verstaan en die eenheid met God en Infinite Spirit in my lewe.  Ook dat niks daarbuite geluk kan bring nie, maar moet self toegepas word…dis so waar en ek beoefen dit al sedert die egskeiding…Nou ja, reason is intelligensie en rationaliteit wat na die voorgrond tree, die emosionele sy en vlakke is getransendeer.  Die vlak van wetenskap en medisyne en heling.  Kyk ek stel net belang in Quantum en genesing nie wetenskap en medikasie nie.  Dis die vlak van ware geluk…soms wonder ek hieroor.   Kennis en onderrig is hier die belangrikste… Vir die leerders is ek seker neutraal want ek stel nie belang in konflik meer nie, ook nie kompetisie of skuldgevoel by die werk nie, ek stel belang in die raaksien van die mens self, die opbou van selfbeeld en liefde, vrede…En ja, ek ervaar skoolhou nie meer as skrikwekkend of frustrerend nie…ek maak dit lekker deur goed te voel voordat ek skool toe gaan, sag te praat en te glimlag veral vir die een wat dit nodig het.  Wel…ek sal aanhou totdat ek die doel bereik het wat ek moet bereik.  Die laer kallibrasies en vibrasies is nie van die lekkerste nie, ek gaan ‘n paar noem:  shame (20), guilt (30), apathy (40), grief (75), fear  100), desire (125), anger (150), pride (175), courage (200) dan volg die neutrality (250). willingness (310), acceptance (350), reason (400), love (500), joy (540), peace (600) en enlightenment (700 – 1000).  Wil ons almal nie die laaste een bereik nie, en ek dink net een of twee was daar…Jesus vir een…

Die eerste 17 sekondes net nadat jy wakker geword het, bepaal jou dag…dus dink aan goeie dinge…en sodoende sal jy met ‘n glimlag opstaan…

Mag ek net groei in dankbaarheid…dankbaarheid vir my klein gesinnetjie, my tuiste, my werk en my Pikkewyne en natuurlik vriendinne…

EkWasHier

 

grateful-for