Ek is lief vir jou …………………….vir die persoon wie jy is

Ek sal nie probeer………………….om jou te verander om by my in te pas nie

Ek vra nie meer…………………….as wat jy kan gee nie.

Ek wil nie die manier verander….soos jy lewe nie

Ek wil nie kla………………………..oor die dinge wat jy doen nie

Jy is wie jy is en……………………..dis hoekom ek vir jou omgee

Wanneer jy my nodig het………….sal ek wel daar vir jou wees

Tydens ‘n misverstand het………..sal ek probeer regverdig wees

Ek wil jou nie versmoor nie……….ek sal jou, jou vryheid toelaat

Ek sal nie in jou twyfel nie………..ek weet jy gee om vir my

Ek belowe om vir jou……………….liefde en trou te gee, my hart nogal…

Ek belowe om dinge te voltooi……wat ek begin het

Jaloesie?……………………………….sal probeer om nie te wees nie

Ek sal jou nie seermaak nie……….jy hoef nie daaraan te twyfel nie.

Ek is wie ek is………………………..niks meer en niks minder nie.

Ek belowe…………………………….om net myself te gee, my beste

Ek sal saam met jou lag……………gedurende goeie tye

Ek sal saam met jou huil…………..wanneer dit sleg gaan

Spesiale tye sal ek deel…………….as jy dit saam met my wil deel

Wanneer ietsie spesiaals gebeur…sal ek daar wees

Benodig jy jou spasie……………….vir tye alleen

Sal ek verstaan………………………almal het alleentyd nodig

Ek sal jou vriendin wees…………..soms meer (afhangend wie jy is)

Ek vertrou jou in alles……………..ek moet ingee hier

Ek sal nie bedreig voel nie……….as jy ook ander vriende het nie

Ek sal jou nie pressure……………om alles net te kry om my te pas nie

Wanneer ons nie saamstem nie…dan is daar geen rede om te bly

Almal het foute…………………….ek gaan nie joune uitwys nie

(Ons kan soms vassit……………..en tog volg vrede maklik)

Dis my commitment……………..teenoor jou en ek beaam dit

Ek benodig niks terug……………van jou nie

Ek gee net om vir jou…………….op die manier soos ek doen

So, besef maar net………………..dis my manier om te wys ek gee om

Ek lief jou…………………………..vir die persoon wat ek sien en leer ken het

My enigste versoek is……………wees net eerlik en opreg met my…

my hart is altyd in die weegskaal, dis ‘n commitment van my kant…en vir die wie ek lief is, sal ek altyd beskerm…net omdat ek lief vir jou is…vir jou omgee…

EkWasHier