Hierdie afgelope twee weke was letterlik ‘mal’!  Baie bedrywig en ongelooflik besig.  Nee, ek kla nie, eintlik geniet ek dit.  Die nuwe Pikkies is baie bedrywig, maar my registerklas is redelik stil.

My ou Pikkies kry nog klas by my, maar het net 2 klasse.  (Key 4 en 5) Ons lees nou ‘n drama:  Die Potlooddief en die Engel.  Baie oulike boekie, baie humor.  Ek het die rolverdeling gedoen en Pikkies lewe hul uit.  Een gedeelte is waar Tonie kastig ‘n Amerikaanse filmmaker is, en kids maak aksent ongelooflik goed na.  So het atletiek ook begin.  Ek rig nie af nie, ek pas kids op.  Baie gaan nie na die Interskole nie en dis hulle wat ingedeel is.

Dis weer tyd om hierdie groep Pikkewyne te leer ken.  Vir my as onderwyseres is dit nie ‘n ‘talk to the hand’ leer ken nie, maar wat ook tuis aangaan.  Vandag het een Poppelop  (in checkers) my trompop geloop, gedruk en dankie gesê…vir my is ek daar vir luister en raad gee, nie omdat ek ‘n onnie is nie, maar omdat ek die spieël is vir die een met wie ek praat.  Soms leer ek meer van die Pikkies en soms sien ek myself in ‘n heel ander lig en leer baie by hulle ook.

‘n Nuwe jaar bring nuwe vooruitsigte.  Ek glo dat hierdie jaar ‘n goeie jaar gaan wees, beter as 2016…en 2016 was ‘n baie aangename jaar.  Ek het soveel van myself verlede jaar geleer.  Ek dink ek weet nou wat ek uit die lewe wil hê en sien ook dinge raak wat ek nog nooit raakgesien het nie.  Soms wonder ek, miskien moet ons soos die oosterse mense groet met Namasté:  “I bow to the God within you”, or “The Spirit within me salutes the Spirit in you” – a knowing that we are all made from the same One Divine Consciousness – God Almighty.”  “My spirit honors yours.”  Wat ook mooi is, is;  “I honor the place in you where the entire universe resides, I honor the place in you where the ENTIRE universe resides, I honor the place in you of light, of love, of truth, of peace, I honor the place in you where if you and I are in that place then there is only one of us?”

Is dit nie mooi nie…2017, en my geestelike oë gaan na almal kyk en ek gaan weet dat God ons almal gemaak het, en Jesus woon in elkeen van ons.  En mag my uitkyk net 1 persoon aanraak, dan weet ek, ek het goed gevaar.

Het jy geweet dat God se naam in jou hand ‘gegraveer’ is??

jhwh-hand

Namaste

EkWasHier