Love of izit life… is a thing I can’t explain…
dit breek jou hart en dit condemn jou brein…lol…
and if you get that funny feeling,
stamp jou kop sommer vinnig deur die ceiling.
Die lewe is soms so gejaagd, soms vlieg alles net by jou verby.  Deesdae voel dit asof my voete nie grond raak nie.  Dis nie dat ek nie die dae geniet nie, ek doen en alles is goed om my…maar dit voel so asof elke jaar net besiger en besiger raak…
Toe ek jonger was, het ek kan gesien om Everest uit te klim, King Kong aan te pak en die Stille Oseaan deur te swem…nou het ek al so bedaar dat ek eerder sal kyk hoe iemand Everest se piek bereik, King Kong kan maar aftree en die Stille Oseaan kan stil bly.  Ek het al so bedaar dat mense maar kan skinder, en hulle kan maar praat soveel hul wil…dis hul saak…ek wil eerder iemand deur moeilike tye help, en luister na iemand se seer en daar help.  Dis asof die innerlike vir my meer werd geraak het as die gejaag na wind. Los die gejaag na wind vir die jonger geslag.  Met die grysheid kom daardie wysheid.  Ek vind mense wil net belangrik wees en opgehef word…maar hoe ouer ek word, hoe meer kom ek agter dat liefde en omgee meer belangrik is as om opgehef te word.  Wrokke hou maak mens oud, en lelik praat van ander maak van jou ‘n lelike mens…
Ek is ‘n baie fyn waarnemer en sien soveel klein goedjies raak…nee, ek sal niks sê nie…sal net aangaan met my lewe en steeds die behulpsame ene wees.
***
20170123_134731.jpg
Vandag was dit redding kietiekat in aksie.  Pouse sien ek van die Pikkewyne jaag ‘n klein gemmer kietiekat. Die katjie het van die Pikke gekrap en gebyt.  Ek gaan sit toe by die voortjie waar die dingetjie ingekruip het en begin praat.  Saggies miaau die dingetjie.  Een van die groot seun lig die betonblok op en ons haal die katjie uit.  Van die eerste oomblik dat ek die katjie teen my vasgedruk het, het die katjie begin spin.  Die katjie het het ‘n halwe toebroodjie opgeëet en baie water gedrink.  Die hele tyd het die katjie teen my gesit, letterlik van ongeveer 12:00 tot 3:00.  Een van die Poppeloppe het die katjie aangeneem,   sy gaan die katjie Gigi noem, omdat dit ‘n Ginger katjie is.  Ag, ek weet die katjie is in goeie hande…
***
Dis wat belangrik is…ja, ja, ek is ‘n empaat en ek sal altyd een bly.  Ek sal nooit ‘n egoïs kan wees nie, nooit ‘n narsis nie…diere en mense maak vir my saak.  En vanaand voel ek so nostalgies, nugter weet waarom, maar ek doen.
Genoeg van nostalgia…ek gaan na Neville Goddard luister en bietjie my verbeelding inspan.
EkWasHier
first-instinct