“They are angels with broken wings that only fly when loved.” ― Shannon L. Alder.  Hier verwys sy na die sensitiewe mense…dalk is sy een, want sy weet waarvan sy praat…

Hoe sensitief kan ek tog nie raak nie…en dis seker waar my probleem lê…dit maak van my ‘n idioot…ek is soms te genuine en eerlik en ek dink mense maak gebruik daarvan.  Nee, ek gee nie om daaroor nie, maar moet my net nie misbruik nie.  Dis wanneer ek myself heeltemal van die situasie en vriendsakp sal onttrek en myself uit die situasie verwyder sonder om ‘n woord te sê.  Daar is slegs hier en daar iemand wat die aggressie (my verdedigingsmeganisme) uit my sal lok en dan kort ek sommer vinnig ‘n piering melk.

Die oomblik wanneer iemand my vriendskap en omgee verraai of verwerp, onttrek ek my so gou moontlik en slaan sommer ‘n ander rigting in.  Sensitiewe mense lewe met baie skuldgevoelens en ek wonder soms of mense raaksien hoe maklik hul goedheid misbruik kan word.  Ek dink ook hulle lewe met konstante pyn oor probleme wat nog nie opgelos is nie, en ek dink hulle lewe met dit vir die res van hul lewens. Soms dink ek ook dat die tipe mens soms uitgeskuif word ook uit die samelewing omdat hulle hulself so kan onttrek.  Dis hierdie afvlerkies wat ek soms so bejammer en met hulle begin kommunikeer.

Die sensitiewe mense moet daar wees want hulle versag soms die haatdraendes se lewens.  Hulle voed soms dié wie dalk bietjie liefde nodig het, of wat die pad byster geraak het.  Omdat die sensitiewe misverstaan word, dink ek kort hulle nogal baie liefde want ek dink hulle siele word soms so verniel in die proses.

Ten spyte van al die hartseer, pyn en tragedie wat hul soms beleef, bly hulle soms die barmhartige Samaritane wat die mensdom nodig het.  En om hulle te ken is soms ‘n plus punt aangesien hulle die aktiviste is vir die gebrokenes, die verworpenes, die vergete, die wat nie verstaan word in die lewe nie.  Ek dink hulle is die engele met gebroke vlerkies.

Daar is soveel mense wat roem op die volgende: (en ek hoor dit daagliks onder die Pikkewyne en sien dit gereeld onder die mensdom)

  •  Ek laat nie met my mors nie
  • Draai sy rug op jou en loop weg sonder enige skuldgevoelens
  • Moenie met my sukkel nie, ek sal jou…(lei maar af)
  • Sê wie dit is en ek….(lei af)
  • Ek gee nie om wat enige iemand sê of dink nie, ek doen wat ek wil
  • Niemand skryf vir my voor wat ek mag en nie mag doen nie

Daarom is daar die empate, die sensitiewes nodig.  Iewers moet die wêreld ‘n versagtende hand uitreik om die hardheid te versag.  Die woede te laat bedaar.  Die swaarkry op hul skouers neem sodat die lewe vir ander draagliker kan word.

Ek dink die mensdom loop met soveel seer rond en elkeen het sy eie mandjie vol probleme…en weet nie hoe om dit op te los nie ~ en soms word die sensitiewes en empate soms die anker vir oorlewing.  (Al is dit net vir die oomblik…)

Die sensitiewe mense en empate in hierdie wêreld steun nie op ander nie maar persoonlik dink ek op die geestelike, die Infinite Spirit binne hulself.  Hulle soek en bid nie vir ‘n Goddelike wese daar buite nie, maar weet dis die Ewige God binne hulself wat hul versterk. Moenie toelaat dat ander die goedheid in jou raaksien en dan probeer om met alle mag en vuur dit te vernietig nie.  Mense laat dit toe, ander sien dit en doen niks daaraan nie, of hulle blaas die vuur aan…altyd ‘n uiterste…

Mag elkeen ‘n ligstraal wees vir die wat gebroke is…(al is jy ook gebroke, bring een glimlag soms die rus en vrede wat jy nodig het…)

EkWasHier

O ja…en hulle word verkeerd gekwoteer en verkeerd verstaan…amper vergeet ek dit…wees maar net lief vir hulle…dis al…