Jy vra wie ek dien?  Jy vra my wie ek volg?  Kom ek vertel jou ‘n bietjie wie ek dien.  Ek dien geen kerk nie, ek dien geen mens nie, nog minder ‘n idee.  Ek dien

YOD HAY VAV HAY.jpg

YOD HAY VAV HAY…die I AM THAT, I AM.  Ek kan beslis niemand anders as die Ware Heerser dien nie.

Jy vra wie ek dien? Die Een wat in die Hemele sit.  Ek dien die Infinite Spirit en Sy seun is Jesus, God van Israel.

As God se kind moet ons die volgende doen:

  •  sit nie in groepe en skinder nie
  • luister na die gebrokenes van harte en help waar ek kan
  • sien hoe mense ander probeer bedrieg
  • myself hoër ag as ander nie, want almal is een onder God
  • hou nie wrokke nie en bly nie kwaad vir die een wat lelik met jou is nie
  • as God in my is – soos die Bybel dit stel – hoe kan mens dan oordeel???
  • as kind van God moet jy tog die wat van die pad af is op die pad help…nie deur dreigemente  of swak dade nie, maar deur ‘n voorbeeld te wees
  • kwaad met kwaad vergeld nie…ek het dit met die harde manier geleer
  • genade te toon want ek verlang dit van God…

Mense kan teen jou wees, maar terwyl jy God dien…die I AM…kan ek sê dat God, die enigste God van Israel, die ware Christenskap, maar hul strydbyl bêre want wie kan teen jou wees?  As God vir jou is, wie kan teen jou wees.  

AS GOD IN JOU IS…BEGIN OM DAN DIE LIG IN ANDER  OOK RAAK TE SIEN.  AS GOD IN JOU IS, BEGIN OM DAN SO TE LEWE.  AS GOD IN JOU IS, BEGIN OM JOU LIG TE LAAT SKYN… gewoonlik is die lig so skerp dat mense jou verstoot want hulself weet nie hoekom hulle dit doen nie…jou lig maak van jou uniek en as jy alleen staan, weet dat God by jou staan.