By wie leer mens die mees waardevolste lesse?  By die wie jy liefhet.  By niemand anders nie, by hulle vir wie jy die meeste omgee…Word ek na drank gedryf?  Nee, na tjoklits…dit bevat beslis iets wat my beter laat voel…

asphalt road to the mountiansDie mense vir wie jy omgee en hulle nie noodwendig vir jou omgee of lief is nie, is gewoonlik dié wat jou die lesse in die lewe leer wat jy oor en oor ervaar totdat jy daardie lewensles geleer het.  Vandag was een van daardie dae…en ek het dit hard en swaar geleer. Die jaar het goed afgeskop en ek was baie tevrede met my klasse.  Vandag was roosters verander, Pikkewyne het nuwe ‘keys’ gekry wat hulle van een klas na die ander geplaas is en daar was chaos.  Die klasse was vandag so deurmekaar gegooi en   waar hulle by een onderwyser klas gekry het, sommer nou by ‘n ander…toe die cherrie op die koek…my Afrikaans Gr 10 groepe het drasties verander.  Teen die tyd dat hulle by my gekom het, was almal seker al hoogs gespanne en opgewerk.  Dis toe die bom bars…!!!   Elkeen wil ‘n eier lê en elkeen wou sy sê sê.  Ai jai jaaaaiiiiii….Elkeen sie die storie van haar kant af en sodra ek iets sê word ek letterlik doodgepraat…toe vererg ek my…twee dekselse periodes en daarna…toe hulle weg is, is ek in trane.   Twee dogters het omverskoning kom vra en natuurlik het ek aanvaar.  Maar, wat het ek geleer uit hierdie situasie.  Dit is ‘n challenge…en dit gaan my verander, sterker maak en ‘n beter persoon.  Ek het geleer dat, al baklei jy hoe hard, jy nie altyd jou way kan kry nie.  Ek is in beheer van my klas en ek gaan beslis nie toelaat dat ek in my eie klas of beledig word of onderdruk word deur leerders wat ongelukkig is oor die skommelinge nie…Ek dink ook dat ek dalk nou net die kersie op die koek was en leerders my aangevat het om van hul eie frustrasies ontslae te raak…Almal kan nie geakkommodeer word nie…mense moet leer om aan te pas.  Wanneer jy in die lewe daar buite kom, moet mens aanpas of jy wil of nie.  Jy moet leer om met alle vlakke van mense en persoonlikhede saam te werk of jy nou daarvan hou of nie.

Ek het soveel werk om af te handel en leerders besef nie ons moet ook teen ‘n spoed werk nie.  Dis amper weer toetsreeks en harder werk is al genade… lessons-lerned-repeat

Soms word lesse oor en oor herhaal totdat jy daardie les geleer het…en ek het al baie lesse geleer en sal baie nog moet leer…ongelukkig word die Pikkewyne vandag geleer dat net hulle is reg en niemand anders nie.  Dis eintlik hartseer…Ons as ouers gaan eendag die vrugte pluk en mag ons goeie en smaaklike vrugte pluk…En ons kinders word groot met ‘n tipe van houding…en dan wonder ek hoe gaan hulle, hulle kinders eendag grootmaak?

 

Ek dink ons moet ons kinders meer opdra aan die Allerhoogste Infinite Spirit…

EkWasHier