Vandag het ek agtergekom dat mense nie meer gelukkig is nie.  Ek het agtergekom dat mense daarvan hou om ander tot die grond toe in wil verneder.  Ek dink nie dis aspris nie, maar omdat ongelukkigheid so diep in hulle gesetel is en nie agterkom dat hulle hul hartseer en pyn op ander uithaal nie.

Selfs kinders word nie meer geleer om hul woede, pyn, hartseer ens. te verwerk nie.  Ons is nie meer ge’equip’ om ons kids werklik te leer nie.  Ek het myne badkamer toe gestuur met die volgende twee sinne:

  1.  Gaan dink wat jy verkeerd gedoen het.
  2. Wat gaan jy doen om dit nie weer te doen nie?

Daarna het die twee wel geleer om vinnig te dink en ek kan nie kla dat ek stoute kids gehad het nie.  Wens ek kon dit soms met van die Pikkies in my klasse doen.  Die Graad 9’s is werklikwaar ‘n awesome groep maar deesdae sukkel ek met die Graad 10’s.  Nou onthou ek waarom ek nie van die FET fase hou nie.

10959396_335650299979158_5190575416270836001_nEk het ook agtergekom dat mense mekaar liewers wil seermaak dan opbou om hulself beter te laat voel.  Ek het besluit dat stilbly die beste antwoord is, want ek wil nie deurmekaar raak met Karma nie.  Ek het my lewenslesse hard en duidelik geleer.  Ek lees juis op my FB dat lewenslesse net moeiliker word indien jy nie dit vinnig leer nie.  Soms is dit beter om sagkuns met iemand te werk en te luister as om ‘n ‘piece of your mind’ te gee.  Soms doen ek dit, maar ek sit en dink dan daaroor en ek probeer regtig hard om mense nie seer te maak met ‘n suur, bitsige tong nie.  Talle tonge maak die lewe werklik moeilik en wanneer die kalmerende een uiteindelik spreek, dink ek is die siel alreeds moeg van die talle tonge wat gespreek is.  Wat kry mens eintlik daaruit?  Beslis nie vrede nie, beslis nie eer nie, maar ek het geleer dat woorde wat jy spreek nooit verhaal kan word nie.  Gedane sake het heen keer.

Ek het iets wonderliks gekry…na jare van wonder en bespiegeling.  Angus Buchan het uit die bloute vir my ‘n profesie gestuur, en ek vra so ewe of dit vir my is.  Hy antwoord toe ja en dat God hom gevra het om dit vir my te lewer.  Dis net vir my ‘n bewys dat ek steeds op die regte pad is, al dink mense ek is weird en verkeer in hul oë.  Ek het ook agter gekom dat wanneer jou lig skyn dan raak mense apaties en hard teenoor jou.  Ek  wil bly soos ek is, en ek word baie meer en meer sagter by die dag.  Dis mos hoe dit hoort.

Een van my Poppeloppe sê vandag dat dit lyk of ek baie gelukkig is…ek antwoord haar toe dat dit ‘n keuse is…al het ek vir jare niemand in my lewe nie, gaan ek nie toelaat dat ek ongelukkig binne moet voel nie.  Alles in die lewe is ‘n keuse.  En my keuse is om my binne op te bou en tevrede met myself te voel.  Ek weet hoe hard ek aan myself gewerk het en ek weet dat Meester dit goedkeur…dus het ek nie die mens se goedkeuring meer nodig nie.

armour

 

En dis hoe ek voel…

EkWasHier