Hamlet het gesê:  “To be or not to be, that is the question.  Whether ’tis nobler in the mind to suffer, the slings and arrows of outrageous fortune, or to take arms against the sea of trouble, and by opposing, end them.”

Hoe baie het William Shakespeare nie van die lewe geweet nie.  Hoe baie kan ons nie nog by hom leer oor die lewe en lewenslesse nie…maar nee!  Dis mos te moeilik om te lees…eintlik is sy werke uniek en vol soveel wêreldwyshede…

Soms voel mens sommer af…af vir ‘n minuut, soms ‘n uur, soms vir ‘n dag of twee en soms vir ‘n volle seisoen of jaar of sewe. Soms voel jy so omdat iemand jou hart gebreek het, soms omdat dit Winter is en die wolke grys en donker. (nie ek nie, dis my favourite tyd) Soms omdat mense jou nie verstaan nie, soms omdat jou uniekheid en die goeie dinge wat jy doen nie gesien word nie.  Soms omdat dit swaar met jou geliefdes gaan.  Soms omdat jy net so wil voel!

Maar, wat jy wel kan doen is om sag en vriendelik met jouself te wees.  Wees ‘gentle’ met healinjouself en sorg dat jy vir een keer belangrik in jou lewe is, kry genoeg slaap, spandeer tyd met jouself en gun jou ‘me-time’ vir jouself.  Dis soms nodig om jouself te vind.  Soms is dit ook nodig om  hard met jouself te wees, veral wanneer jy ongelukkig voel.   Forseer jouself om dinge te doen, soos oefening te kry, of net in die tuin te gaan stap en die Rose te ruik of selfs die Astertjies of Jasmyntjies.  Of sit en kyk hoe die wolke patrone vorm, vries die yoghurt en lê op die gras en bekyk daardie wolke terwyl jy die yoghurt soos roomys eet…luister na die natuur.  Dit help soms.

Soms is dit nodig om na jouself te luister, jouself te berispe en jouself weer op die regte pad te kry. Nee, ek dink nie jy is verkeerd om ongelukkig te wees nie.  Nee, jy’s geen freak cover-faithof wat ookal nie, nie lui nie en nie aandagsoekerig nie.  Jy is uniek, iemand wat soms ook nodig het om bietjie na jouself te kyk.  Jy is mens.  Ek weet dat mens soms seer, ongelukkige, hartseer, pynlike dinge ervaar…soms is daar rede en soms sommer ma’net…deur menslik te wees is jou reg.  Niemand mag vir jou sê hoe om te voel nie, of voorskrifte gee oor jou lewe nie.  Doen wat jy dink is reg…net jy kan jouself gelukkig maak.  Geen buite persoon kan dit doen nie.  Niemand kan keuses vir jou maak nie. Wanneer jy nie die vrede en geluk binne jouself ervaar het nie, kan jy nie wees nie.  Nuwe liefde kan tydelik iets bring, sjokolade – tydelik, kinders – tydelik, familie – tydelik, diere – tydelik…net jy kan in jou innerlike werk.  Soms is die innerlike stryd die beste stryd wat jy kan voer.  Baie mense sê vertrou op God, ja, maar nie alleenlik vertroue nie, jy moet jou kant ook bring en Jesus doen die res saam met jou.  Wanneer jy jouself vind, vind jy Jesus was al die tyd binne jou en nie doer in geboue ens. nie.

Die vrede en kalmte wat jou gemoed binne kom nadat jy die donker diepste duisternis wat jy met ongelukkige tye ervaar het, is die tye waar jy gegroei het.  Goeie tye bring nie groei mee nie…jy moet juis swaarkry om te kan groei.  En wanneer jy daardie trappie bereik het, weet jy, jy het ‘n tikkie hemel bereik.

Moenie tou opgooi nie…terwyl mens daardie tye ervaar, werk God aan jou om die sagte, buigbare, opregte persoon te maak wat jy veronderstel is om te wees.  Dis verbasend hoe mens verander, dis tye wanneer mens begin vergewe en leer om verwerping ens. te oorkom.  Dis tye van genees en om die seer gesond te salf.  Soms is dit nodig…genesing bring salwing vir die seer…nou verstaan ek ook die woorde:  Let go and Let God…maar moenie hande gevou sit nie…jy gaan nêrens kom nie…jy, jouself is verantwoordelik vir jou eie lewe en niemand anders s’n nie.

Die na-effekte is die beste wat enige iemand kan ervaar…

EkWasHier

grateful for.jpg