Aarde bedek my…waters sluk my in!  Ek behoort in ‘n kranksinnigegestig, Groen Dakkies is die naaste.  dis-okay-om-mal-te-weesMaar my tipe mal is seker in die ergste graad.

Ek het vanaand my punte begin inlees en Slim Sannie Weetals weet net mooi niks.  Ek het die hele Gr. 9 groep se punte ingelees;  drie stelle punte per klas en kom Sannie agter een ry punte is in die verkeerde blokkie gelees.  Wil ek nou die hele ry uitwis en voor ek my kon kry, wis ek sommer di hele klas uit.

Rekenaar gestrem ~ dis beslis ekke en net môre moet ek vir ons dierbare sekretaresse vra om dit weer vir my op my stokkie te plaas.  Die keer is ek slaggereed.  So ‘n fout maak ek nooit weer nie.  Natuurlik is ek nie een of ander donkie nie, dus gaan ek nie my kop ‘n tweede keer stamp nie.

Moedeloos het ek maar gesave wat ek kon en gaan nou rustig verkeer en môre dit oor doen.  Dié keer sal dit korrek wees!!

EkWasHier(EnOokNie…)