Wanneer ek terug kyk op my lewenspad, sien ek groei.  Soms steek hartseer en swaarkry vas, maar groei ~ ek het gegroei.  Ek het my lewe laEd probeer om minder belangrik te voel, minder sensitief te probeer wees, maar kon dit nie doen nie.  Ek sukkel nog dams .

Soms stoot ek mense weg want ek is ekbang ek kry seer, soms wil ek hê mense moet van my hou.  Soms probeer ek so hard en vergeet van myself en wat binne my woed.  Ek dink daar is ‘n orkaan wat binne elke mens woed…

Soms wens ek, ek het iemand gehad wat net lief vir my is omdat ek, ek is…soms wil ek net alleen wees want dan is daar net vrede.  Soms wonder ek waarom ek lewe, soms wonder ek of iemand omgee dat ek lewe…

Meestal wil ek net hê iemand moet omgee, maar ek weet ek is die een wat my eie lewe self create en alles en almal binne die raamwerk.  Ek het my hele lewenspad so gemaak dat ek ander gelukkig hou, buiten myself…en dit werk nie meer vir my nie.  Ek is die een wat swaarkry, en ek voel dis nonsens.  Ek is ek…aanvaar my soos ek is ~ of vat die pad!!!!

Tog voel ek dat ek ook waarde het…tog voel ek dat ek ook iets iewers vir iemand beteken.  Al is dit vir my katte…My gevoelens maak tog saak, miskien nie vir my baas of kollegas nie, maar vir my…Met of sonder toestemming, dink ek dat ek tog die waarheid binne my moet behou en voort moet gaan en die goeie doen.  My ‘stem’ maak tog saak.  Al word ek geag as baie gering by die werk, moet ek tog voortgaan en die werk van God voltooi…soms is dit moeilik, soms sukkel ek, maar al sien niemand dit raak nie, HY sien dit wel…om die waarheid te praat is soms moeilik, maar my siel is my maatstaf…

Al maak ek mense kwaad, al maak ek hul ongemaklik, al maak ek wat ookal…ek het tog ‘n reg in die lewe, al dink baie mense nie so nie…Al kies ek om nie in die kring van die spotters of skinderbekke te sit nie, al kies ek om net 1 of 2 vriendinne te hê…lê daardie keuse tog by my, en niemand anders nie…

Ek sal aanhou  om die waarheid te praat, al maak dit mense ongemaklik of selfs kwaad…ek sal aanhou om myself te wees…al beskou die wêreld my as weird…ek kies om eerlik met my gevoelens te wees…ek kies om my spasie te beskerm in my lewe…en ek kies om myself toe te laat om my ‘needs’ in die lewe na te kom…ek eer my gevoelens en weet dat Christus watn binne my is, tog belangrik is…ek kies om nie meer wrokke te hou nie, ek kies om sag te wees, ek kies om nie ander slaafs na te volg nie…ek kies MY!!!

Ek wil nie in die ‘in’ groepe wees nie, ek wil nie opgehef word nie, ek wil nie dinge doen wat ander beëindruk of deur ander raakgesien te word nie…ek kies net om die waarheid te leef en dit maak my anders…en ja, ek kies MY steeds…

Maak dit werklik saak of jy in die ‘in’groepe is?  Of maak dit saak dat jy Infinite God dien? Either aanvaar jy my soos ek is, of los my…so maklik soos dit…

EkWasHier

I choose me.jpg