Die oop vlakte, stoompies wat vloei en ruig plantegroei om my, is soos ‘n lokstem wat roep ~ ‘n roep vir vrede vir die siel.  Hierdie betonoerwoud druk my soms vas ~ dan soek ek net my plekkie op waar stilte om my is…waar ek myself net weer kan vind.

Vereeniging is nou nie ‘n betonoerwoud soos Pretoria nie, maar soms raak dit my en ek gaan sit in my kamer…dis nogal stil hier, hier langsaan is ‘n oop stuk veld en my bure is baie rustig.  Miskien het ek té gewoond geraak aan my me-time dat ek dit nou meer wil opsoek.

Vanmiddag het ek transaksionele skryftukke gemerk.  Met een spesiIMG_20160707_115056_edit.jpgfieke opstel het Orion
my werk kom oorneem.  Hy het my weggedruk en op die opstel kom sit, later gelê…wegdruk werk nie, toe lees ek maar die opstel vir hom.  Hoe Orion die skryfstuk gevind het, weet ek nie, maar hy het opgestaan en by die voet-en-ent van die bed gaan lê en na amper drie ure lê hy steeds by my.  Hy bring soms soveel rustigheid in my na vore…Poppie en Mooiste is hier rond maar nie so sosiaal soos Orion nie.

Om verdere rustigheid in myself na vore te bring het ek toe uiteindelik die sementhande gemaak.  Môre of so sal ek dit lossny van die omhulsel en kyk of dit die keer gewerk het.  Ek het x-large handskoene dié keer gebruik…Hoop die vingers hou die keer, laas het ek ‘n paar vingers by elkeen van die hande geamputeer.

Mens moet iets doen om die rustigheid te bring, om self die stilte van die storm wat in jou woed te bring.  Die kalmte is altyd soveel groter en soveel meer bevredigend wanneer jy daardie kalmte bereik.
Laat kalmte my gemoed vul, vrede my siel benader…vreugde my bekruip…liefde my bespring…hartstog my asemhaling wees…laat my innerlike groei en ek die diepte en oneindigende hartsklop van lewe ervaar…laat die roepstem my lok…want, wat sal wees, sal wees…niks bly ooit uit nie…ek sal wag want kom, sal dit kom…

EkWasHier

d9cc3969-31b9-4619-8eb2-edea2ec9969c