Ek sit en lag wanneer kids vra of ek die juffie is wat aan feëtjies glo…
Natuurlik is dit ek…hoe anders wakker jy die verbeelding vir opstelle en ander fiktiewe skryfstukke aan? Hoe vertel mens stories en dan is daar geen spanning of ander effekte nie?kasteel1
Miskien moet ek hulle vertel van die klein ou eilandjie in die middel van die see, die sjokolade en lekkergoed eilandjie…waar jy in die sjokolade dam kan swem en peppermintgras kan pluk en heerlik daaraan kan peusel…en dat die lekkergoed boom nie blare het nie maar lekker suigstokkies aan.  Wat van die prinses en die keer ‘n uil wat dalk verdwaal het en hul pad na die kasteel moet vind en ‘n paar avonture op pad ook moet beveg…
Of wat van die meermin wat in die see is, en sy moet die seekat beveg wat die klein pêreltjies steel wanneer al die ander vissies slaap…en die seerowers wat steeds die see deurkruis opsoek na verborge skatte.  Waar swaardgevegte nog plaasvind en waar Peter Pan jou hand vashou en jy saam met hom kan weg vlieg…
En wanneer die kindertjies bang is vir die see, dan vertel jy hulle van die seemannetjies wat hard werk en dis hulle wat die gaatjies en borreltjies in die seesand en branders veroorsaak.  En wanneer jy mooi kyk, sien jy hoe hulle met hul klein grafies as die sandjies optel en die tonneltjies skoonmaak.
fairy queenWat het geword van die towerfeetjie wat die paddas in prinse toor en pampoene in koetse…muise in perde en Aspoestertjie in ‘n pragtige prinsessie?  Wens ek het ‘n towerstaffie gehad…ek sou baie toorwerk verrig het…
Is ons nie besig met “word groot die goed bestaan nie…”houding?  Einstein het tog gesê dat Imagination baie belangrik is…Wat het van dagdroom geword…deesdae is dagdroom vir die onoplettende kind of soms die ADHD kind?  Nou word dagdroom behandel en mishandel…laat toe dat ons kids nog drome droom en fantaseer…laat hulle solank kind bly as wat moontlik is…hou op om hulle ryp te druk…Laat hulle wat in Graad 1 tot 3 is nog kaalvoet speel en lag en baljaar…die grootmens wêreld kom so vinnig en dan is hulle, nes ons, vasgevang in realiteit…
Ek speel baie kere speletjies in die klas…as iets gebeur soos die deur wat toewaai, dan beskuldig ek vir Oom Martiens (ons skool se eie spook) van die wandade…sal ek ook terg en sê dat hy nie agter my moet loop nie.  Nog minder ‘back-chat’…dan lag die pikkies net…want juffie is mos nie lekker daarbo nie…voor enige skryfstuk, laat ek hulle soms onbewus bewus maak van fantasie en fiksie…die opstelle is dan soveel beter as die steriotiep gemors…
Wees kind, dagdroom maar jou lewe om…wees jou eie Einstein!!!
EkWasHier
Spread a little bit of fairydust en laat die verbeelding bietjie loop…