Dit voel asof die tyd net begin verby vlieg…nie soos toe ek ‘n kind was nie, dis erger!  Vandag dink ek terug aan hoe ek na my ouderdomsgarde gekyk het en gedink het dat hulleuniverse4 oud is…wel, hier sit ek nou…die ou mensies moet gaan en ons is nou op die ouderdom waar ons die Aarde groet om op ons hemelsereis te gaan.  Een van my skoolvriende is ‘n week gelede oorlede en dit het my aan die dink gesit.  ‘n Goeie man, maar nou moet ons weer plek maak vir die generasies wat volg.

Generasie na generasie volg en so groet ons die een na die ander.  Maar, ek dink die lewe hierna is die een waarna ek uitsien.  Persoonlik dink ek dat hierdie ‘n leerskool is, en mens leer soveel dinge en lewenslesse.  Nou wonder ek maar net…is die lewe hierna nog vol lewenslesse of analiseer ons hierdie gebeure in God se Hoërhof?  Om te filosofeer oor die lewe is soms interessant, maar min mense wil daaroor redeneer.

Persoonlik dink ek dat hierdie lewe op die Aarde net ‘n Pitstop is na iets groters en betersstairway to heaven en dat jou sielsgroepe en geliefdes saam wag sodat ons hierdie ‘leerskool’ kan voltooi.  Dis soos ‘n hindernisbaan.  Party beur vorentoe en kom tot by die eindpunt, sommiges sukkel om nog oor die laaste hindernis te kom en ander stoot jou nog oor, ander ondersteun nog aan die anderkant van die hindernis en sommiges wag al by die eindpunt.  Dalk lag hulle vir ons of dalk moedig hulle ons nog aan.  Wel…ek is seker al by die eindpunt en van die hindernisse was maar moeilik gewees en soms het my ondersteuners seker net gebuk sodat ek kan oorklim, ander het my seker net oorgegooi of oorgetrek ~ met moeite…

En deur die eindpunt te bereik besef ons dat van die dinge wat ons so saamgesleep het eintlik onnodig was, maar op daardie tydstip het ons gedink dis so broodnodig.  Waar ek nou is dink ek dat dit wat uit die mond kom iets is wat ek al lankal moes uitgespoeg het.  Die sagter my is veel beter as wat die kwaai ene was.  Ek kyk na van die mense om my en dan kry ek hulle net innerlik jammer. Nee, ek sal nie ‘n woord sê nie want hulle verstaan nog nie daardie les in die lewe nie.  Soms lees ons die lesse hard, soms vroeg in die lewe en soms laat ~ maar leer, sal jy leer!

Ek is net dankbaar dat ek weer die gemoedsrus in my hart kon vind en die sagtheid kon universe4terug eis in my lewe.  Ek bly by my standpunt:  Indien jy nie die diep donkere tye ervaar het nie, sal jy nie daardie lig sien wat in jou lewe nodig is om te sien nie.  En wanneer ek voor die Tempeldeure staan en ek moet my lewenslesse opnoem, sal ek baie kan noem, baie sug en nog opnoem.  Dink die tempel se hekkneg sal net sê:  Shame, jou arme ding, kom tog net in.

Kan hierdie verstand nie net ‘n bietjie  bedaar nie…dink ek nou weer aan die Hemelse Tempel, dan sien ek uit na die lewe hierna…van kleins af het ek geweet dat die Aarde maar net ‘n tydelike plek is, en soms staan en kyk ek met verlange op na die hemelruim…

EkWasHier

tyd2