As jy my nie persoonlik leer ken nie, sal jy my nooit verstaan nie…sal ek nooit vir jou
oopmaak en die ware EK laat leer ken nie.  (die unieke, die weird, die anderse een)  Min het die voorreg, vir min d9cc3969-31b9-4619-8eb2-edea2ec9969cmaak ek oop, en vir min laat ek toe…maar doen ek dit wel, dan weet jy dat ek jou vertrou…en vertroue is vir my baie belangrik…

Hoeveel goed het ek nie al ontgroei, uitgegroei, vergroei, gesnoei en sommer net laat vrek nie…??  En was hierdie snoeiing goed of was dit nie?  Maar, weet jy, op my ouderdom het ek al baie van die lewe beleef en besef, dinge wat vir my saakmaak, maak nie noodwendig vir ander saak nie…wat vir my belangrik is, is nie vir ander belangrik nie.

Ek het familie ontgroei wat vinnig daar was om kritiek te lewer maar die hulp, die support wat ek nodig gehad het, het ek nie ontvang nie.  Ek het ook die onrealistiese verwagtinge van die einste familie ontgroei, want ek kan net dit doen wat ek kan, meer kan ek nie verrig nie.  Ek kan nie almal tevrede stel en myself in die proses wil staan en vernietig nie. As familie nie saam wil celebrate oor wat ek regkry deur swoeg en sweet nie, is dit hulle probleem.  Ek probeer ten minste my bes en ek kry baie reg, al is dit krom en skeef, vir my is dit meer as ‘n accomplishment dan ‘n failure…

Ek het daardie skilpoppe van vrouens (agter elke masker) ook ontgroei, daardie sogenaamde vriendinne wat raad offer en dan in die geheim lekker kry wanneer ietsie in my lewe verkeerd loop.  Minwetend dat ek nooit hul geheime sal verkondig nie…nog minder hul name sal gebruik om uit die moeilikheid te kom…ook nie agter hulle rûe, met ‘n bakhand sal sagpraat oor hulle nie.  Maar, my pragvriendinne sal ek nooit ontgroei nie…

Ek het die mans ontgroei wat my intelligensie onderskat.  Ek is nie ‘n leëkop poppie wat elke liewe stroperige kompliment opeet vir soetgoed nie…ek query elke kompliment en wonder wat daaragter sit, elke seerkry het   my baie paraat gemaak vir die volgende verhouding, daarom gaan ek nie maklik in ‘n verhouding in nie…Hoekom moet ek myself so inkort vir mense, veral mans wat my intelligensie onderskat, voel hulle geïntimideerd omdat ek tog ietsie weet en in sekere dinge belangstel wat ver bo verwagting is en nie net voor die stoof wil staan en kook nie?  Maar, my seun en eendag die eggenoot wat my lewe gaan betree, sal ek nie ontgroei nie…ek sal juis dan groei…

Wat ek ook al geleer het om te oorkom, is mense wat gerieflikheidshalwe verdwyn wanneer ek deur donker tye in my lewe gaan.  Wat hulle wel met gemoedsrus kan weet, ek is nie so ‘n persoon nie en sal daar wees. vir hulle ook,  om emosioneel by te staan, want ek weet hoe dit voel om in jou donkerste ure alleen te staan.  Ek het selfs hul negatiwiteit en plesier in geskinder ontgroei.  Hul kyke en agter die hand gepraat, hul negatiewe houdings, selfs dit het ek ontgroei…moeilik, maar ek voel dat daar wel tye in hul lewens gaan kom en weet jy wat, ek verstaan en ek is daar.  Die mens verstaan nog nie hul doel as mens nie…en die een of ander tyd in hul lewens, al is dit op hul sterfbed, dan besef jy waaroor die lewe eintlik gaan.

Ooo…die doellose, betekenlose, blikgedrukte en klomp nonsens wat mense soms kwytraak, veral wanneer iemand swaarkry of selfs wanneer kinders swaarkry, die geforseerde, onkunde en onregverdige houdings, begin ek te ontgroei . Daar is soveel meer in die lewe as dit.  Ek verkies die opbou, die positiewe, die opregtheid binne die mens en dit voel ek vinnig aan.  Ja, mens word soms vies oor die ligsinnige gebrabbel, en soms is dit nodig maar aanhoudend en aaneen maak my moeg.

Met ander woorde, om mense gelukkig te hou en nie vir myself nie, dit begin ek ook om te ongroei.  Ek kan nie die wêreld meer gelukkig hou nie, ek kan nie die gemeenskap gelukkig hou nie, ek kan myself tevrede hou ~ en dis dit…dis onmoontlik om die wêreld om jou tevrede te stek en ek binne myself is ongelukkig…dit werk mos nie so nie.  Vergeet die mensdom se selfsug en eiewaan…wat is lekkerder om na die gesang van voëltjies te luister as na die gesanik en geskinder van mense?  Te droom van my voete in koue stroompies water te sit…dagdroom is soms baie meer verrykend en goed vir die gemoedsrus.

Ek het soveel talente waarvaan min mense weet…en selfs dit sal ek slegs gebruik wanneer die doel die heilige middel, andersins sal ek dit laat sluimer vir ‘n ruk…ek is nie die voor-op-die-wa persoon wat my oral sal indruk en daarop aandring om iets te doen nie…gee ander ook die kans om hulle talente te beoefen…ek het genoeg om my besig te hou, te glimlag en te weet, dit wat ek doen is genoeg…

Ek het die lewe ontgroei waar ek hoor dat ek nie mooi genoeg is nie…ek is nie en so what…ek is ook nie maer genoeg nie  ~  of dalk waardevol genoeg nie,  ek is nie dalk slim genoeg of ryk genoeg of dalk whatever nie, maar ek weet ek is die beste wat ek kan wees…en so sal ek bly.  Ek het besluit om nie elke kleine foutjie te probeer herstel nie, want ek kan nie…Om my gedagtes te vul met twyfel en onsekerhede is verby…

Ek is ‘n mens met ‘n siel soos enige ander en het ‘n reg om te voel soos ek voel.  Ek mag myself liefhê al het die wêreld my nie lief nie…ek het ‘n reg tot menswees, ‘n reg om te lag al is iets nie snaaks nie, om die lewe uit my oë te kyk en die mooi te sien soos wat ek dit wil sien.  Ek het tog ‘n reg tot LEWE…nes jy!!!  En as jy nie daarvan hou nie, tough-luck…leef dan verby my…Ek het baie dinge nou ontgroei wat nie bydra tot my siel nie, my innerlike wese se verryking, die essensie tot my diepste deel van my siel.

Wat ek wel nog nie ontgroei het nie is die empatie wat ek binne my huisves.  Ek sal seker my lewelank mense en diere jammer kry en luister na almal…ek het ook die tendency om nie mense se persoonlike sake te bespreek nie, want as ek ‘n vertroueling is, dan hou ek my mond…ek dink die dag wanneer ek doodgaan, dan gaan baie geheime saam met my graf toe…wat ek dink hou ek meestal vir myself…soms wonder ek wat my so gemaak het en waarom ek so optree…maybe society…maybe hoe ek opgegroei het…sal nou nie weet nie, maar wat ek wel weet…is dat ek iewers iets vir iemand beteken, al was dit net ‘n woord wat ek gespreek het…

Soms verstaan mens nie wat in die lewe aangaan nie, en wonder oor waarom mens lewe…maar eendag word dit aan jou geopenbaar en dan maak die onbenullighede nie meer vir jou saak nie.  Dis dan dat jy vorentoe kyk en besef, die aardse speletjie was net ‘n illusie en die ware lewe begin daarna…

EkWasHier

NS…  Waaroor ek nog nooit spyt was nie, is dat ek myself moes bewys het deur alkohol te               drink asof dit uit die mode gaan nie…of te rook nie…dit is die twee dinge wat ek nog             nooit as belangrik geag het nie…wat ek wel belangrik geag het was integriteit,                         vriendskap, eerlikheid van binne, opregtheid en regverdigheid…dis belangrike                       eienskappe…die onsigbare eienskappe…ja, daar is dinge waaroor ek spyt is in my                   lewe, maar dis vir ‘n ander blog…eendag…