Sosiale media…is dit ‘n goeie, slegte of sommer net ‘n ego-gesentreerde vorm van media.  Ek wonder soms in watter era ons lewe…

Kom dit by Facebook ~ is dit ‘n pot snot of nie, wel ek dink dat dit werklikwaar die mees ego-gesentreerde media vorm.  Dit gaan nie meer oor die mens en dinge om die mens nie, maar oor die ‘self’, die eiewaan, die ego wat gestreel moet word en dan gevoelens wat rondgegooi word.  Ek plaas dinge wat geammuseerd like1is, dinge waarvan ek hou, en dis nie te sê dat ek self deur die dinge gaan nie.  Soms laat Facebook my lag, soms wonder ek oor die ander mens se rede vir plaas van hul media op hul eie sosiale netwerk.

Ek kyk soms na mense se statusse:  Separated…single…relationship…complicated…blah…blah en blah…Ek wonder soms wat die mense se redes  daarvoor is.  Neem bv. die single een…dis asof om bachelor of bachelorette ‘n moviese status is…jy’s geskei poppie/boetie…jy’s g’n meer ‘n bachelor/ette nie…jy is geskei…divorced m.a.w. en slegs  mense wat nog nooit getroud was nie, kan die status claim.  Dan sien ek dat een van die kennisse op my FB die een oomblik single is dan engaged, single, engaged.  Hoe kan mens so aangaan?  Hoe weet jy dat jy die een oombliklike super like wil trou dan nie?  Ek bly seker maar die undercover blondine, want ek verstaan nie dié tipe van gevoelens nie…Separated en complicated is ‘n lelike ding.  Sodra man en vrou vir mekaar kwaad is word die status sommer dadelik as complicated aangegee.  Werk jou probleme uit en wees liewer ‘n hegte getroude paartjie dan die paartjie wat nie hul mind kan opmaak vir wie en wat hul is nie…Persoonlik het ek nie tyd vir rondloper mense nie.  Sodra ek uitvind hulle val rond en loop rond, sal ek maklik hulle uit my lewe blok.  Ek ken daardie seer, en gun dit vir niemand in die lewe nie.  Relationships:  wil jy die status op jou netwerk plaas om te wys jy kan ook iemand in jou lewe kry of om iemand jaloers te probeer maak of wat is die rede?

Dan is daar ook die ‘stalkers’…vrek, ek het so ‘n vrou gehad en sy het gemaak asof sy my beste vriendin is, net om inligting te kon bekom oor ‘n sekere persoon…harde lesse geleer en gereeld maak ek my FB skoon indien ek nie met iemand gesels of hulle selfs ken nie.  Presies my idee vir hierdie vakansie.  Springcleaning van my sosiale netwerk – FB…

Sosiale netwerke is eintlik ‘n euwel in die hedendaagste wêreld.  Dit voel asof mense ander probeer bykom deur die netwerke.  Dit voel vir my asof FB nie ‘n kuierplek is nie maar skinderblad.

Dalk moet FB ‘n kontrak gehad het wat skinder, slegsê, ‘stalking’ en beledig as krimineel beskou en dan moet jy sommer verban word.  ID nrs. sal gevaarlik wees of dalk vingerafdrukke te gebruik om jou FB legit te maak maar iewers moet daar ‘n plan beraam word om meer integriteit onder mense te skep, meer eerlikheid te verkondig…maar nee, dis makliker om iets te plaas en wanneer jy spyt gekry het oor jou sosiale netwerk belediging dit net te delete…haha, minwetend dat dit nie werklik delete word nie, maar wel iewers in die IT-netwerke gestoor word.

Maar…vir my is sosiale netwerke soms ‘n afleiding, soms ‘n komedie want ek lag baie vir opmerkings, soms geselskap ~ met my vriendinne en soms net ‘n oë rol vir opmerkings…my blog vriende en vriendinne is vir my van die beste en aangenaamste want ek leer meer by julle as op FB.  Dankie ook vir julle…

EkWasHier

like