Ek sien Poppie-Lief spring en speel vanmiddag met iets op my mat…ek gaan kyk mos en toe is dit ‘n mossie.  Poppie skrik en spring vinnig by die venster uit.  Ek tel die dingetjie op en die ou bekkie gaan oop en toe, seker van skok.

Versigtig maak ek die dingetjie toe met snesies…maar skok bly skok.  Daarna besluit ek om die mossietjie teen my lyf te plaas om my hartklop te voel, sommer so onder my T-hemp.

Nie lank daarna nie, dink ek mos Michael skeer met my die gek om my bed te ruk…maar toe skrik ek toe hy my kamer instorm.  My hele hart maak ‘n draai in my keel en Mossie skop teen my.  Die aardbewing wat 131 km wes van Moijabana in Botswana ontstaan het en so 6.5 op die Richter-skaal aangeteken is, is besig om ons te tref…my bed voel of dit heen-en-weer geruk word, my kristal-klokkies begin lui en my stort se deur ruk in die kosyn…nie net een of twee sekondes nie…vrek lank as jy my vra.  Michael is wit gPROVINCESeskrik en ek seker witter.  Ek skrik nie maklik nie, maar ek het.  Mossie het dit seker gevoel en gee my nog ‘n paar skoppe met sy ou een pootjie…Dit het gevoel of my hart uit my keel wou spring.  Gelukkig toe bedaar die aardbewing en ‘n groot gespot op FB waar Zuma sê
om kalm te bly, hulle is net besig om die provinsies te skommel…wel, ek dink ek bly nou in die Limpopo, wou nog altyd daar gebly het.  (waar is die skater van die lag emoticon nou)

So bly ek en Mossie lê…so dan en wan wil ek wel voel of die ou dingetjie nog lewe.  Sodra ek aan hom vat, kry ek een skop.  So los ek hom vir nog ‘n ruk en raak weer aan hom…elke keer kry ek net ‘n skop, dan maak hy sy ogies toe en raak aan die slaap.

Hier is Mossie, mooi ou voëltjie, né…

Mossie

Nou het ek vir hom ‘n bedjie gemaak in ‘n houertjie en in die kas gaan sit wat effens oop is, sodat Poppie nie weet waar Mossie is nie.  Ja, natuurlik vir hom kossies gegee en bietjie water.  Môre, as hy ok is, kan hy vlieg, anders gaan koop ek Pro-Nutro en ‘n hokkie.  Dis die mooiste ou dingetjie…en hoop hy is môre heeltemal oor sy skok.  Dit lyk wel of die een pootjie seergekry het, maar Mama sal dokter.

Na al die drama vanaand, rustige nagrus vir almal, ek weet ek gaan lekker slaap…

Nighty Night

EkWasHier