Met my dubbeltjek het ek besluit om bietjie die meenthuisie op te knap.  Goed begin is half gewin…mure is al goed geskuur en môre begin die verfproses…die keer nie blou en groen en allerhande ander kleure nie, maar wit.

Intussen het brawe ek besluit om die mat te laat optrek en laminering te laat insit. Vroeg opgestaan en alles geskuif.  Dis nogal amper soos trek.  So word die mat vandag opgetrek en ek sien hoe vuil die mat eintlik onder was.  ‘n Laag bruin grond het daar gelê, maar die ergste was dat die sement heeltemal in stukke was.  Toe moes ek quick set sement gaan koop…en regom die mure die sement gevul…

Toe hoor ek, ek moet ‘skirtings’ gaan koop…by CTM gekom sien ek nog laminering…die wat ek vir my kamer gekoop het, was die laaste ‘batch’ toe koop ek nog, bietjie donkerder en wonder-bo-wonder, goedkoper…koop toe vir Alicea se kamer ook…en ‘skirtings’ vir beide kamers…

Môre is dit vroeg opstaan…waar gaan ek slaap??? Michael se kamer…hy kan maar op die bank slaap…wanneer Sipho kom wil ek so gou as moontlik Alicea se kamer ontruim en IMG_20161116_065822.jpgdie bed afslaan.  Dis die mooiste Teal-swart wrought iron hemelbed (sonder die gordyne) wat in daardie kamer…Sipho kan die mat vinnig optrek, anders kos die optrek van die mat R200 vir 5 minute se werk…Sipho is my ou tuinjong en staan my in alles by.  Goeie ou man. Ja, Michael help ook…môre verf hy en Sipho die sitkamer…goeie oefening vir hom…i.p.v. gym kan hy maar sy arms met die verfkwas en -roller bou.  My vorige huis was vol kleure en baie groot…nou beperk, dus dink ek wit is die aangewese kleur.

Dit voel amper soos trek.  Die kamers staan vol van my en Alicea se goed.  Môre wanneer ek begin terug trek, gaan ek seker goed uitgooi en ontdek wat ek al vir 2 jaar vergeet het…kan net goed wees.  Noudat beide kids uit skool is, gaan ek ontslae raak van al hul boeke ens. wat nog hier rondlê…ou boeke wat ek vir skoolprojekte gebêre het ens.  Die boekrak gaan seker nou gehalveer word en ek gaan al die ou soft toys van die kids daar pak…gaan pret wees om Alicea se kamer te skuif want daardie bed moet uitmekaar gehaal word voordat dit geskuif kan word.

Wel, hoe meer dae, hoe meer dinge.  April is beslis tot dusver ‘n opwindende maand.

EkWasHier…