Daar is 7 reëls wat mens tog in die lewe moet nakom…miskien baie meer, maar ek wil net die volgende noem:

  1.  Maak vrede met die verlede…soms is dit so moeilik en jy weet nie hoe nie, maar eintlik skroef dit jou toekoms op indien jy dit nie doen nie.
  2. Tyd heel alle wonde, gee jouself genoeg tyd om te genees.  Dinge gebeur nie oornag nie…vir my is ‘n volle 7 jaar genoeg om te genees…
  3. Wat ander van jou dink en oor jou skinder is nie jou probleem nie en het niks met jou te doen nie.  Laat hulle dit doen…dis hulle karma en hulle probleem…voel belangrik want hulle het niks anders om aan te dink en oor te praat nie…
  4. Moenie jou verstand oortyd laat werk nie…dis heel okay om nie al die vrae en antwoorde te weet nie.  Alles wat jy moet weet sal wel na jou kom op die regte tyd en oomblik.
  5. Moenie jou vergelyk met ander nie, en moenie ander oordeel nie.  Jy het geen idee wat in hul lewens aangaan nie.  Konsentreer eerder op jou eie lewe en geniet jou lewe.
  6. Niemand is in beheer van jou lewe nie…nie jou geluk nie, nie jou hartseer nie, nie jou vreugde en vrede nie, nie jou elke dag se sleur nie…volg jou eie pad, jou vrede en vreugde…Jy alleen is in beheer van jou lewe…
  7. Glimlag, lag en trek gesig…neem snaakse foto’s en lag daaroor…maak grappies, en as jy wil huil, doen dit…met my tydelike plaatjie kan ek nie anders as om te lag nie.  Sodra ek kwaad word, val dit uit en dan skater ek van die lag…dis snaaks…maak jou lewe vol vreugde ~ ander moet wonder:  o hel, wat is nou so wonderlik in haar lewe…

LAG EN DIE WêRELD LAG SAAM ~ HUIL EN JY HUIL ALLEEN…SKREEU EN JY MAAK ‘N

NUWE CD EN DVD…JOU KEUSE…MAAK SOMS DROOG OOK SODAT ALMAL KAN LAG…

DIS SOMS NODIG!!!!!!