So soek mense, na God, hul eie identiteit, hul plekkie onder die son…Oom Angus het goeie werk gedoen, mense het na sy gebedsdag gestroom en dit wys, mense is steeds soekend.  Ek kyk na Facebook:  SA needs God…

Ek het ‘n heel ander siening…ek glo vas dat God binne my leef.  Ek is … lewe in my.  Onthou julle wie Jesus Jerusalem binne gedra het?  Ja, die donkie…en dink net hoe jaloers was die ander donkies nie vir die een besonderse donkie wat uitverkore was nie…Is ons nie dalk die donkies wat ons kleed moet afgooi en die laste wat op ons skouers is laat gaan nie.  Dis tyd om nie meer die las van alles en Jesus te dra nie, want HY LEWE BINNE JOU!  Daardie kleed is weg…die kruis is weg!  Slaan dit af en leef soos jy moet!  St. Francis van Assisi het op 43 jarige leeftyd gesterf en op sy sterfbed die beeldspraak van die donkie gebruik…hy het gevoel hy was sy lewe lank ‘n donkie…terwyl hy Jesus reg in sy hart gehad het…wyse man dié Francis…

peace and piecesWanneer mens lewe met Christus wat in jou is, sal baie laste en lelike wegval, dan sal mens dinge soos vloek, laster, gesuip, beledigings, vloeke, veroordelings…en nog vele meer agter laat en stil word!  Behou jou vrede en kyk met ‘n oog van liefde na ander…onthou, dis jou keuse om jou innerlike lewe wys en veilig te hou.  Jou denke is jou keuse…

Gaan sit in daardie stilte en dink, dink aan hoe die lewe moet wees…en dis ‘n daaglikse gebed.  Jou verstand is mos vir jou ‘n Godgegewe geskenk…jou innerlike, waar Jesus lewe moet die plek wees waar jy kan gebed voer…voer die goeie stryd binne jou.  Voer ‘n stryd van liefde, vergifnis en vrede binne jou.  Jy sal sien hoe dinge verander…Ek kan getuig van wonderwerke op daardie wyse…wonderwerke al het dit ‘n rukkie geneem…maar wonderwerke vind plaas in my lewe…

Ek het opgehou om Jesus in geboue, by mense, plekke ens. te soek…ek het Hom binne my gevind…waar Hy nog altyd vir my gewag het.  En ek het die vrede gevind wat mens so nastreef en najaag…ek kan met gemoedsrus sê;  vind Jesus binne in jou en jy vind lewe…

Raak net stil…go into that silence…speel jou dag af en verander die slegte dele na goeie dele toe…verander jou denke daar…daardie gebed daar, hoe jy jou lewe beplan en uitvoer is iets wat mens daagliks doen…en stadig maar seker doen, gebeur in die werklikheid…moenie dat negatiewe gedagtes jou stilte oorheers nie, plaas jouself terug in ‘n positiewe plek, en werk daarvandaan af…soms wonder ek waarom ek eers op hierdie ouderdom al die wyshede ontdek en dit nie as jonger persoon ontdek het nie??  My lewe sou soveel beter kon gewees het, maar nou, nou weet ek van beter.

Moenie vergeefs soekend wees nie…dis reg binne jou!

EkWasHier

god in jou lewe