Ek is onlangs gediagnoseer met die  O.G.A.A.T.S wat ‘n onvermydelike aansteeklike sindroom is en dit is die Ouderdoms Geaktiveerde Aandag Afleibare Teenwoordigheids Sindroom!

Dis hoe dit werk!

Ek begin met vraestelle opstel, maar raak moeg…Ek besluit toe om die motor te was. Ek loop na die motor toe en sien die pos op die tafel. Ek besluit om net eers gou deur die pos te gaan, en sit die motor se sleutels op die lessenaar neer en gooi die gemorspos weg. Ek merk toe dat die snippermandjie vol is en besluit om dit in die asblik te gaan leegmaak. Terwyl ek nou naby die posbus gaan verbyloop besluit ek om sommer gou die rekeninge te betaal. My tjekboek is skoonveld. Ek onthou ek het my bankkaart in die kamer neergesit en toe sien ek die koeldrank wat ek besig was om te drink langs die rekenaar. Ek besluit om die bankkaart te gaan haal maar ek wil net eers die koeldrank op ‘n old and newveiliger plek neersit. Miskien moet ek dit op die yskas neersit. Op pad kombuis toe, sien ek die potplante is nogal droog en het water nodig. Ek sit toe die koeldrank op die tafeltjie neer en sien my bril wat ek heel oggend gesoek het. Miskien moet ek dit eers op ‘n baie veiliger plek bêre. Ek maak die waterbeker vol om die plante nat te gooi en sien iemand het die afstandbeheer van die TV in die kombuis gelos. Ons sal nooit vanaand daaraan dink om in die kombuis vir die ding te soek nie, so die afstandbeheer moet eers terug familiekamer toe. Ek gooi water op die plante en sit die afstandbeheer in die familiekamer en stap terug kamer toe terwyl ek dink waarmee ek besig was. Aan die einde van die dag is die vraestelle steeds nie klaar nie, die motor nie gewas nie, die rekenings nie betaal nie, die vuilgoed nie uitgegooi nie, die koeldrank staan op die kombuisrak, my tjekboek is steeds weg en kan my motorsleutels nêrens kry nie! Ek wonder nou nog hoekom ek vandag niks gedoen gekry het nie want ek was tog heeldag besig! Ek besef dis ‘n ernstige probleem en ek moet daaraan werk . . . ek wil net eers gou na my e-pos kyk!

EkWasHier