Hoekom sal ‘n mens ‘n voëltjie se vlerkie wil afbreek en dan hoop die voëltjie sal vlieg?  Waarom sal mens ‘n hondjie se stertjie wil afkap en verwag hy moet nog sy stertjie vir jou swaai?  Waarom wil mens iemand se hart breek en dan van daardie persoon te verwag om weer lief te hê?  Waarom ‘n siel breek en dan van daardie siel te verwag om gelukkig te wees?

Waarom mense oordeel en dan te verwag dat hulle by jou moet staan deur moeilike tye?Waarom dan die slegste in iemand raak sien en dan te verwag dat hulle die beste in jou raak te sien?   Waarom met vuur speel en dan te verwag dat jy veilig moet bly ~ daardie vingertjies gaat nog lekke brand…Waarom gif drink en verwag die ander ou moet doodgaan…ook maar lekke dom né.  Dis nie waaroor die lewe gaan nie, is dit?

Die lewe gaan oor meer as dit…dit gaan oor gee en neem.  Lag en huil…die goeie en die slegte…eet en dieet…soen en sommer byt ook…

Najwa Zebian was reg;  as jy gewillig is om die positiewe verandering in jou lewe aan te bring, moet jy gewillig wees om daardie verandering te wees.

Nou, hier begin die verandering…en dit neem tyd…behou die giggel daagliks…laat my ag issitplaatjie maar uitval en dis goed as almal dan vir my lag, want dan lag ek so dat die trane van my wange af rol…maak foute, dis al hoe jy gaan groei en leer daaruit…kruip vorentoe, laat iemand jou sommer saam sleep ~ met ‘n gegiggel, soms gehuil, maar doen dit tog net…een of ander tyd kom jy tot daardie punt waar jy weer jouself kan wees…nee ek lieg nou soos ‘n tandetrekker…iemand meer awesome, iemand wie jy al lankal moes gewees het…laat jou plaatjie maar uit jou mond val ~ spoeg dit sommer uit ook…sommer aspris, vir die pret, die lag is goed vir jou siel…lag vir die bril wat skeef sit…die skoen wat in die middel van ‘n seremonie die gees gee, en jy so hik soos jy skrik…die oomblik waar jou brastrêppie skiet wanneer iemand met aansien iets belangriks kwytraak, of waar dominee net sê: Amen…lag sommer vir die pret van die saak…dis die eerste stap…sommer die laaste tot waar jy moet wees…en weet daardie waaroms was nodig in jou lewe…en wanneer iemand iets daaroor te sê het, antwoord jy met ‘n “AG ISSIT!!”

EkWasHier