Eintlik wou ek nie blikskottel sê nie maar bliksem.  Kyk, vandag was een van daardie dae waar ek graag wou ballet.  Jaag die Pikkies aan…kom, kom, ek wil begin, terwyl hulle koei valnooit hardloop, vinnig loop of selfs poging aanwend om in die klas te kom nie…Toe ek om draai en tafel toe loop haak hierdie bootsie van my vas…moenie vra hoe nie ~ seker weer Oom Martiens wat by ons spook en daar doen ek die swanewals sommer met ‘n grasieuse plof!  Ek gryp die tafel … mis dit en gryp die stoel en doef!  Daar lê ek pens~en~pootjies in die lug.  Trane wel in my ogies op maar ek hou my ‘pose’.  Kom regop en gaan sit op my stoel.  Ek voel soos ‘n koei wat ‘n stuk grond wou koop…

falling2Ek het suiker nodig, ek het arms om my nodig, ek het bietjie bejammering nodig, ek het sommer net alles nodig wat nodig is…die klas is doodstil;  hier en daar:  Juffrou, is juffrou okay?  Maar ek draai om en loop die klas uit, trane loop bietjie oor my wange ~ kantoor toe…maak ietsie warms vir my met bietjie suiker en gaan terug klas toe.

Dis wat my laat besef, ek het tog iemand in my lewe nodig…iemand wat tog net sal luister, of sal vashou…my linker knieknop het ‘n knop en is blou, my regtervoet is eina, my regterhand is seer en my regterarm se elmboog is eina…sit ek en huil maar alleen. Alleen wil ek nie meer nie… Ek is seker maar sterk…nee, ek lieg vir myself, ek is nie!  Ek het iemand nodig wat net my sal vashou of die eina-plekkies sal reg vryf of reg soen.

Ek vertel vir Michael en sy eerste woorde is…Mama het gehuil…so goed ken hy my.  Ja my kind, maar Mama sal okay wees…ek moet maar net wees…my vriendin sê vanmiddag dat ek eers seker môre die seer sal voel…wel, môre is nog ‘n dag…

Bliksem! Daarsy!  Dit was seer en vanaand ‘n warm bad en bietjie myself net pamperlang…

EkWas(amper nie)Hier(nie)

LOL