Mama’s het soms liefde en aandag nodig…Mama’s het soms ‘n breuk nodig om net weer haarself te kan wees…Ek dink baie Mama’s voel hulle sloof hulle af vir hulle gesinne.  Ek voel vandag so.  Soms wens ek die kids wil net soms vir my sê dat ek agteroor moet sit en dan gooi hulle vir my ‘n koppie water in…LOL, ja bietjie water…

Vra ek mos om net die kos te proe, dan word ek geignoreer, maar kom dit by eet ~ ja, dan is almal daar.  Nou ja, nou gaan ek nie weer vra nie en dan gaan hul maar kla oor die soutgehalte, want ek eet min sout.  Kom ek mos in die week tuis en was regtig moeg, dink die suiker het ver onder 0 geval en word wakker gemaak deur my seun wat vir my toast met gebakte eier bring.  Goed, baie in my noppies…middernagtelike ete, yummm…vat ‘n happie, te lekker, nog ‘n happie en toe ek nog ‘n happie vat, misreken ek my met die eiergeel en dit ‘pop’ met ‘n ‘blob’ regoor my gesig, jy sien net eiergeel oor my gesig en my keel en bors.  As Orion, my kat, kon lag, sou hy geskater het.  Hy staar my aan en draai sy kop heen-en-weer…ja, daar sit ek en giggel oor wat gebeur het.  Maak skoon en vertel vir Michael, maar hy is heel ernstig…ai tog, dit was lagwekkend.  Miskien moes ek ‘n selfie geneem het ~ kon net sowel ‘n ‘prank’ gewees het…maar lag was goed.

Vandag dink ek aan die enkel ouers…hulle offer soveel vir hul kids op.  Ek as enkelmama bring nie mans in hierdie huis in nie.  Al is my kids al groot dink ek tog, een van die mamma se traneouers moet wel vir hulle ‘n voorbeeld stel.  Dis werklik noodsaaklik in die hedendaagse lewe dat iemand nog die goeie in die lewe vir kids moet wys.  Ja, ja…die regte man sal nog opdaag en sien dat hierdie vrou waardes en normes nastreef en dan sal dit goed wees.  Ek sal liewers so wees as om in elke man se bed te spring ~ nee dankie, dis nie hoe mens ‘n voorbeeld vir jou kids moet wees nie…Wat ek wel kan sê is dat Michael my soms help wanneer Joyce nie hier werk nie…hy was die skottelgoed en maak aan die kant…maar sodra ek tuis is, is al daardie goedheid vergete en Mama moet opruim.

Hierdie week was vol drama…dog baie lagwekkende tye ook gehad.  Hierdie plaatjie veroorsaak baie drama in my mond.  Sodra ek my wil vererg, glip dit vorentoe en dan begin ek mos giggel…gelukkig kry ek ‘n tydelike voorbereiding vir die brug die 8ste Junie…hoe teleurstellend, dan gaan daardie lag ook tot ‘n einde kom.

Elke Mama wat nooit ‘n ruskansie kry nie…weet jy word raakgesien (al is dit net deur my).  Dink nie ‘n ma tree ooit af nie.  Ek dink sy bly werk tot sy haar kop neerlê…geen wonder God het ‘n sagte plekkie vir ‘n Mamakie nie…die Bybel noem ook nie verniet dat trane in bottels opgevang word en gestoor word nie.  Koning Dawid het dit genoem en ek dink die mooiste stories sal uit die trane~ink geskryf kan word.

Elke Mamie…jy is spesiaal…en wat jy opoffer sal nooit raakgesien word nie, maar eendag sal ons, ons vergoeding in die hemele ontvang…’n Mama sal niks verruil vir die tyd saam met haar kinders nie.  Wens ek kon myne klein gehou het…dit was die druk en soen tye…nou is hulle groot en wil nie meer vasgehou of gedruk en gesoen word nie…mos uit soos reis na die son, maar in my hart doen ek dit steeds en dit sal hulle nooit weet nie. Eintlik is daar soveel goed wat hulle nooit sal weet nie, totdat hulle hul eie kinders in die arms vashou.

Maar lief…lief ek hulle ontgelooflik…

EkWasHier