My vingers gly gereeld oor die klawerbord van my rekenaar, maar die woorde wil eenvoudig net nie vloei nie.  Ek glimlag maar net vir myself wanneer ek na die hoeveelheid pogings kyk wat in die ‘drafts’ vasgevang is.  Vanaand gaan ek myself dwing om ietsie te voltooi…Ek weet ek het maande laas ietsie gepubliseer maar soms het mens mos die ‘skrywersblok’ en ontslae raak daarvan, dit moet ek.

Vandag het ons ‘n kinderhuis besoek.  Dit was so wonderlik om te sien hoeveel leerders nog omgee vir iemand anders het.  Hulle het met huiswerk gehelp en gespeel en kinders opgetel en vasgehou.  Daar was een klein seuntjie, ‘n krulkoppie wat glad nie kommunikeer nie.  Een van die Gr 9 leerders het hom opgetel op sy skoot en begin gesels.  Later het die twee geskater van die lag, minwetend hoe ek hom dopgehou het.  Dis so ‘n riem onder die hart om die allermooiheid te bespeur onder leerders wat soveel empatie aan ander kan toon.

Dan het ek die voorreg om in die middae bus te ry.  My motor het gaan staan, stukkende cambelt ens.  Eintlik is dit baie lekker om bus te ry.  Ek het al vergeet hoe dit kan wees.  Mens leer soveel meer van leerders wanneer jy saam met hulle ry, luister na stories en uitvra oor hoe hul dag was, groet wanneer hulle afklim.  My afklimpunt is so 4de.  Soggens ry ek vroeg saam met een van my klasleerders se Mama.  Bus?  Nee, dan is ek laat vir die vergadering.  Ek is werklik so dankbaar vir die ouers en leerders wat ek in my klas het.  Daar is soveel wat inspring om my te help.  Ek leef werklik uit die oogpunt van dankbaarheid uit.

Groete

EkWasHier

grateful forIMG_21249791902820.jpg