Nou nie die kakefonie soos in die instem van musiekinstrumente nie…maar soos die soek na motorparte.  My ou SUV’kie het meer as ‘n week gelede gaan staan met ‘n GRRRRRR-geluid.  Sommer so langs die pad,  op pad na Vaalpark, Sasolburg…

Bel toe maar die X om vir Michael op te tel by die Wiskunde klas…nou kyk, toe weet ek nie verder wat om te doen nie en bel grateful heart each daymy hoof…gelukkig stuur hy toe vir Jackson om my te kom insleep.  Jackson is die swartman wat by ons skool baie dinge doen, goeie man.  Maar wag, laat ek nou eers vertel wat intussen daar gebeur.  Terwyl ek so langs die besige pad staan, stop ‘n man en dié help my kyk.  Hy staan toe waaragtig sommer ‘n uur saam met my totdat Jackson opdaag…leen sommer sy rooi driehoekie vir my en sê hy sal dit anderdag kom haal…hmmm…sê liewers niks verder nie en dan is daar niks.  Bel toe ook die motorwerktuigkundige en so word die  Tuscontjie na hom toe ingesleep.

Ai, ja, jai…die cambelt, headgasket en een of ander chain het gebreek…nou soek ons parte…en het ‘n cambelt maar oe eh eh…dis vir jou ‘n gesukkel…hopelik kry ons die ander parte spoedig…

Intussen ry ek nou soggens saam met een van my leerders se Mama…en ek is so dankbaar vir haar goedgunstigheid.  Ek is werklik, uit my hart uit dankbaar…sy doen werklik moeite en hoe gaan ek haar kan bedank?  Smiddae ry ek steeds bus…baie lekker…die pikkewyne op die bus sê juis, sedert juffie bus ry is die bus baie rustiger ~ geen bakleiery op die bus nie…whaaatttt???  Ek raas vinnig wanneer daar ‘n woordewisseling uitbreek…en ek het ‘n hele bank net vir myself, en ek sit heel voor.  Jackson laai my voor die meenthuise se hek af, baie bederf.  (Nie dat ek enigsins anders bederf ontvang nie)

Om karloos te wees is baie frustrerend…mens moet maar staatmaak op publieke vervoer en ook op my medemens.  Een ding kan ek sê, mens sien waar mense uitreik en hulp aanbied en my leerders en hul ouers bied baie hulp aan.  Dankbaarheid bruis uit my vir elkeen wat hulp aanbied.  Ek hoop om eendag ook vir hulle ‘n klip uit die pad te rgratitude for everything...

EkWasHier