O aarde, so R6000 later en kry hopelik my karreQi eersdaags…Dit was toe die cambelt, en cambelt chain, en cambelt headset, toe die simpel waterpyp ook…verder het hy head engineering gehad, ‘n cranck sensore…eish en wat nog….

Ok, die vervolg van die wonderlike ridder…kry ek mos die boodskap op my foon ~ net ‘n “Hi”…ek ken nie die nommer nie en hi toe maar terug…op die profiel is ‘n pragtige mollerige vroutjie met die mooiste glimlag…nee, ek ken haar van geen waters af nie, toe wonder ek of dit dalk een van my Pikkewyne se mama is, maar nee…hehe, toe is dit mos die ridder wat so ewe saam met my gewag het.  Hy stel hom toe voor en wil kom koffie drink.  Ek kom toe agter hy is getroud en dis sy vrou op die profielfoto.

oe eh eh1Oe…eh…eh, poppie, dink op jou voete en vinnig ook…ek vra toe uit of sy vrou nie sal omgee as hy koffie drink nie…Whaaatttttt!!!!! Sal hy nie vra of ek ietsie meer ingedagte het as koffie drink nie…Hu-uh!!! Nie die poppie nie!   Vra hy toe mos ook of ek nie ‘n seksie vriendin het wat saam met hom sal koffie drink nie. My hart was net daar seer en ek antwoord toe met:  Ek weet hoe dit voel wanneer jou man met ander vroue koffie drink, selfs uitgaan agter haar rug, ek ken die seer…hoe moet sy nie voel nie…

Raai…hy het my nie weer gekontak nie.  Ek voel so jammer vir sy vrou.  Ek wil nie ‘n ander vrou die seer gee wat ek gehad het nie, soms nog steeds het.  Dit is so verkeerd, so agteraf.  Maar, daardie strik trap ek nie maklik in nie.

Eers daarna het ek gelag, nie vir sy vrou nie, maar vir ‘n man wat dink ons vrouens is dalk desperaat, en desperaat is ek beslis nie.  Ek sal veel eerder ‘n wyntjie drink en tjoklits eet ——– hulle, PRAAT NIE TERUG NIE!

3 kante

Wel, so het hierdie hoofstuk ook heel humoristies geëindig.  Lekker gelag, trane oor die karreQi en oefening waar ek so net oor die 100 meter Checkers toe geloop het, sommer so twee keer.  Avonture wat voorlê en ‘n gegiggel wanneer ek iets nuuts aanpak…

Kom ons klink ‘n glasie op nog vele avonture.

EkWasHier