Sit ek nou op google translate en soek wat ‘sapiosexual’ beteken, die naaste wat ek daaraan kan kom is uit Grieks wat vrot beteken.  Ek is ‘n ‘SAPIOSEXUAL’ deur en deur…

Wag, kom ek verduidelik gou wat ek van ‘sapiosexual; geleer het…

Sommige mense beskou hierdie woord as die nuutste ‘buzz’ woord as dit kom by verhoudings en ontmoeting.  Wel, as jy soos ekke is en jy is aangetrokke tot die persoon se intellek, dan sal jy die woord verstaan.

Nou hoe ken mens hierdie ‘sapio’s’ uit?  Ag, dis eenvoudig maklik.  Ons, ‘sapio’s’ verkies boekwinkels bo ‘n kroeg.  Dit mag dalk ‘n cliché wees maar ek verkies my laptop bo ‘n auditions.jpgkroeg of ‘n rusige gesprek saam met iemand as om te drink of partytjie te hou.  Ek is nie asosiaal nie, nee, ek is net nie die luid tipe mens nie…dit maak my net baie benoud.  Ek is rustig en kalm…Die tyd wat ‘n ‘sapio’ bestee is om bv. eerder deur ‘n museum of kunsgallery of so iets te drentel as om ‘n nag te spandeer by kroeë, dansplekke en om partytjie te hou.

Verder, wanneer ek deesdae op ‘n date moet gaan, voel dit asof ek in ‘n onderhoud vir ‘n nuwe werk sit en mooi moet dink en perfekte antwoorde te gee.  Dus, ek vermy dit ook.  My verstand benodig nie net ‘n goeie gesprek nie, maar ook soms die nodige fyn humor…Ek dink vinnig op my voete en op ‘n baie BAIE kreatiewe manier.  Soms glip ‘n fyne sarkasme op ‘n humoristiese wyse uit my mond en mense verstaan dit nie…ek dink dis net die ‘sapio’s’ wat dan vir my sal lag…

Ja, ek stel soms belang in wat in die wêreld omgaan en ja, ek sal na sosiale geleenthede gaan, maar ek waarborg jou, ek wil nie eintlik daar wees nie.  Ek doen sommige dinge t.w.v. geliefdes om my.  Ek is nie iemand wat sommer saam met ‘n groep mense wil uitgaan nie, maar doen dit soms.

Wanneer ek ‘n keuse moet maak tussen dit wat diepte in my siel bring of oor wat populêr Not like the restis, kies ek die diepte van die siel.  Diep gesprekke, die empatie van die mens, die kalmte en vrede maak meer vir my saak as om populêr te wees…Individuele smaak is belangrik vir my, te veel geraas om my maak my benoud.  Keuses van musiek, selfs flieks, gaan oor jou as individu.

Weet jy wat my, my kop laat skud en ‘n glimlag op my mond sit?  Wel, dis taalgebruik…ek gaan Engels hier as voorbeeld gee:  there en their…in Afrikaans heel moontlik woorde wat reggespel moet word soos waardeer en heerlik…wanneer ek opstelle merk sit ek soms en giggel oor spelling.  In ‘n Engelse skool het een leerder (soos oorgedra deur ‘n mede kollega) kommunikeer gespel as komindiekeer.  Ek het dit as goeie humorsin beskou en lag steeds daaroor.

Ai, dan verkies ek veel eerder stilte bo chit-chat.  Soms dink ek die beste gesprekke is wanneer niks gesê word nie.  Die beste verhouding is soms daardie verhouding waar jy nie elke detail hoef in te vul elke oomblik van die gesprek nie…ek verkies om soms daardie slukkie water te drink en net te dagdroom, te ontspan en die oomblik te geniet.  Om op my bank te sit en bv. Shadow Hunters op Netflix te kyk, is my idee van rustigheid.

Wat belangrik vir my is, is met wie ek uitgaan op afsprake…Waarheen hul gaan is baie kere ‘n teken van wie hulle as mens is.  Wanneer iemand ‘n ander takseer op die keuses van plek wat hulle besoek, is daardie een hoogswaarskynlik ook ‘n ‘sapiosexual’.

My vriende/inne is meestal die rustige tipe mense, wat dieper gesprekke voer, wat die ernstige asook ligsinnige en humoristiese gedeeltes van die lewe raaksien. Wanneer ek ‘n ‘roadtrip’ moet neem, sal dit heel waarskynlik saam met my kinders wees.  Michael het ‘n droë sin vir humor en sê iets soos dit is en vermy ook die geraas van o.a. winkelsentrums soos ek, Alicea sal my weer aanvul met baie besige oomblikke soos om my na ‘n

winkelsentrum te neem en ure na klere te kyk…sjoe, soms swaar, waar Michael weer dadelik kies en loop.  Om ‘n vriendin te kies, sal ek elkeen na ‘n sekere plek wil neem, elke vriendin van my bring ‘n sekere kwaliteit wat in my is, na vore…mans, wel ek weet van een wat die intellektuele sy stimuleer en een wat die kalmte in my na vore bring.

So kies elke mens maar sy eie groepie mense om hom of haar.  Elkeen kies iets wat vrede of dalk adrenalien in hul gemoedere plaas…Dit is nogal interessant dat mense maar dieselfde soort soek wat hulle aanvul…en dit is goed…

EkWasHier