Ek het ‘n vriendin…

‘n Sonneblomvriendin…’n Sielssussie…  sonneblomme

Sy laat my altyd met ‘n glimlag  wanneer ons klaar gesels het.  Ek sien haar bittermin, maar elke boodskap, voicemail, wat ookal, het my vriendin ‘n sprankel in haar stem.

Vandag vriendin, jy weet wie jy is, wil ek vir jou dankie sê vir jou vriendskap.  Ons ken mekaar al sedert 1991, dis ‘n leeftyd.  Jy het al deur soveel lag, trane, hartseer, geluk, misverstande, woede, grappies, lewensvreugdes en lewenshartseer gegaan.

Ek weet dat wanneer ek en jy hierdie Aarde verlaat, ontmoet ons in die hemele.  Jy is, was en sal altyd my sielssuster wees.  Iemand wat my destyds aangeraak het, en steeds aanraak.  Ware vriendskap is so skaars en deur tyd het jy deel van my gebly.  Jy weet ek het nog altyd ‘n klein vriendekring gehad en dié wie daar is, bly daar vir ewig.

Soms gaan weke verby maar ons tel altyd op waar ons gestop het…jy Sonskynvriendin, was altyd net ‘n Whatsapp weg…al sit jy doer oorkant die waters, wil ek vir jou sê, jy sal my sielssussie bly…

Die spreekwoord lui:  Gee die rose terwyl jy kan.  Jy het nog altyd net gegee, saam gelag, en trane het gevloei deur moeilike tye ook.  Min mense het tyd gemaak om te luister, maar jy het.  Soms wens ek, ek kon die klok terugdraai, maar ek kan nie, en die lewe gaan aan.

Maar, vandag – vandag wil ek net vir jou sê, jou vriendskap sal vir ewig en altyd kosbaar wees…Jy is die sussie wat ek nooit gehad het nie, en daarvoor dank ek die Almagtige wat jou oor my pad gebring het.  Jy wat my nog nooit geoordeel het nie…come, to think of it; nog nooit het ons ooit baklei nie, nie eens woorde of misverstande gehad nie.  Nooit was daar enige struikelblokke in ons vriendskap nie…en beste van alles, ons gun mekaar net die beste…bid vir mekaar…jy laat my soms die lewe uit ‘n ander oogpunt sien.  Dankie, jy  verstaan my op ‘n vlak waar min my verstaan…

Soms sê mens min dankie vir familie, vriende en veral die sielsvriendinne…en ek, ek is dankbaar…Dankie dat jy deel is van my geestesgroei, my menswees.

EkWasHier