Wanneer ek skryf, voel dit of ek soms my hele lewe op my mou uitstort, net om later agter te kom hoe dom en naïef ek is…   Soms wonder ek wat in die mens se kop aangaan…veral die mans se koppe. Net toe ek dink, hier ontmoet ek ‘n goeie en ordentlike persoon, word ek, soos my Pikkewyne sê, ‘uitgehaal’.  Ek voel dat geen mens die reg op ‘n ander se lewe kan plaas VERAL as jy nog nie die persoon eens persoonlik ontmoet het nie.  Alles word so letterlik op Facebook ook geneem en Moeder het altyd gesê:  My kind, papier is geduldig.  Wel, Moeder is reg;  Faceboek, Whatsapp, SMS’e, gmail, ens. is sooooooo geduldig.  Mense lees verkeerd, dink anders, maak eie aannames en skryf soos hulle dink mens moet, mag, kan voel of dink.

Oi…die lewe darem…love perfect match

Waarom nie eers die persoon leer ken, en weet wanneer iemand ‘n hart van goud het, of wanneer iemand sensitief is nie.  Is dit soveel gevra?  Gelukkig ken my vriendinne my, weet wanneer ek ‘n grapjas is en wanneer ek ernstig is, en wanneer ek baie sensitief is.  Daarvoor is ek ewiglik dankbaar.

Vandag (en gister) was holderstebolder by die skool met een jonge dametjie wat al sedert Gr 9 siek is. Dit is soms hartverskeurend want al wat jy kan doen is om diep binne jouself kalm te bly en net te help….EN  Vandag was ek weer die ID 10 T!!! Regte idioot…my dogter het sommer my seun huis toe gebring, yeah!!!!.  Ek lê op die bank en hy vra my selfoonnommer, en ek gee…daarna vra hy die kode wat deurkom en ek lees dit vir hom.  Julle weet mos die foon wys die notification en dan maak ek nie eens die foon oop nie.   Vang die kind van my, my mooi vir ‘n undercover blondine.  Het die mannetjie vir my ‘n rekening op Tinder geopen.  Hy swipe deur die ou ooms en besluit of hulle goed genoeg vir sy ma is al dan nie.  Ek, salig nog onbewus van wat hy doen, vry hy wat ek van die mans dink…ek lag en vra wat sy probleem met die mans is…soek hy man vir my…A nee a, daar gesels hy met die mans namens my.  En gee sommer my selfoon se nommer ook uit.  Om alles te kroon, doen hy toe dieselfde met sy sussie.  Nou sit ek maar net en lag vir die kind van my.  Sy pa gaan nou binnekort trou en hy dink seker hy moet nou drasties iemand vir sy mama soek.  Minwetend, mama hou van haar lewe soos dit is…alles gebeur soos dit moet.

♫♪♪♫…Mama, wil jy ‘n man hê…♪♪♫

♫♪♫…watse man my liewe kind…♪♫♫♪

♪♫♫…een op Tinder….♪♪♫

♫♪♪…nee, my liewe seun, nee sê ek weer…♪♪♫

Na al die drama en manewalis het ons maar lekkers gaan koop vir Woensdag se besoek aan een van ons plaaslike kinderhuise en sommer ouetehuisie wat reg langs die kindershuis is.  So op een deel grond.  Dit was ‘n heerlike uitstappie en met baie sagte lekkers, suigstokkies, swieties, toffies ens. huis toe gekom.  Wat ‘n aangename afsluiting met KFC se dunked wings en streetwise burgers.

Hierdie naweek, gaan ek maar net in my doppie kruip en rustig tuis deurbring.  Hoop elkeen van julle het ‘n opwindende en lagwekkende naweek…

EkWasHier