Dié wie my ken, weet ek is geneig om soms iets radikaal op Faceboek, selfs op my Whatsapp status te plaas…my laaste Whatsapp status was:  It doesn’t matter what you think of me…because my imaginary friend thinks I’m special…

Ja…ja…dis my feëtjies seker in die tuin of ou Oom Martiens wat by die skool spook…giggel ek nou hier  skuin voor vier vroegoggend.

Wel, daar was iemand in wie ek effens weer vertroue opgebou het, maar toe maak ek mos die uitlating:  Iwas nog made for…anyone…Sjoe, my vriende/inne wat my verstaan het dadelik geweet Louisa bedoel ietsie heeltemal anders.  En hulle was reg:  Yes, she was made for someone special.  Ongelukkig het die persoon in wie ek begin belangstel het, en selfs ‘n deel van my siel bekend gemaak het dadelik ‘n Whatsapp gestuur ek moet my lewe geniet en bye…nou nie direk in hierdie woorde nie, maar soortgelyks.  En daar vlieg my vertroue nou weer die venster uit, soos ‘n afvlerk duifie wat sopas deur ‘n windbuks getref is….KADWAR!!!…ouch, eina…en toe kruip duifie nou mooi weer terug in haar dop.

Maar, dit gaan nie keer dat ek my uitlatings gaan stop nie.  Aikona!  So leer mens om soms die koring van die kaf te sny.  Mooi woorde maak nie die voël nie, dis die diepte in die mens, in sy siel wat diepte bepaal.  Wat ek ooit vir iemand sê, in persoon, bedoel ek uit die diepte van my hart.  Ek kan nie onthou dat ek een ydele woord al vir iemand gesê het en as ‘n blote grap beskou het nie.  Ek kon nog elke stelling van my motiveer.

Vanoggend wil ek net vir my vriende/inne sê, julle wat my tipe humor verstaan, dankie…ek was gemaak vir julle wat so anders en mooi van binne is.  Ek was gemaak om deur julle wat so uniek is uit te ken, en deel te wees daarvan.  Ek was gemaak om saans elkeen van julle te bless wanneer ek my geselsie het met God.  Ek was gemaak om anders te wees en ek was gemaak – nie vir sommer enige Jan Rap nie – maar vir iemand wat bereid is om my hele wese, getrouheid, liefde, andersheid, ens. te aanvaar…

So, ek bou weer aan myself, ek hou nogal van hierdie prosesse…ek verander my innerlike weereens, bou aan vertroue, bou aan humor – maar ek hou van my anderse sin vir humor – en ek vergewe…

My naaste vriende/inne sal altyd, vir die res van my lewe naby aan my hart wees…once my friend, always part of my soul.  En, ek is dankbaar vir julle elkeen…

Mag julle ‘n blessed week beleef…

EkWasHier