Ek moes net hierdie met julle deel.  Dit is beslis iets om oor te giggel, of dalk nie, iets om oor te vloek of dalk al my hare op my kop regop te laat staan…maar nou ja, hier kom dit….

Gistermiddag is ek besig om in die tuin rond te skoffel, as jy dit skoffel kan noem as ek so onderlangs vir my buurman loer…daardie – oe, sexy, lenige bruingebrande lyf van my buurman wat  my met sy bekoorlike stem nader nader roep.
Eerstens wat ek aangaap is daai lyf – mannemarak, gespierd met ‘n sixpack wat skrik vi niks! Dalk hou hy van my plomp lyfie wat daardie lyf van hom sagkuns sal kan hanteer…
Ek kry ‘n pose soos n skouperd en kom soos ‘n  fyn opgeleide skouperd met so flinke drafstappie na die omheining aangetrippel-galop, glimlaggend en wys net tande.  As dit nie nie vir my mond was nie, was my glimlag seker regom my gesiggie….ja, tot by hom…. Slaan ‘n houding in wat Miss Universe soos n appy laat lyk.
Pluk toe mos die tuinhandskoen uit en strek toe mos my hand ewe galant uit na hom uit want ‘n dame wil mos nou ‘n goeie indruk maak…DIS NET DAAR DAT EK DIE EEN KLEIN FOUTJIE MAAK!!!!… EK…ek…ek vat toe mos aan daardie die elektriese omheinig vas!


Grote bliksem!!!


Die ding skop my toe so hard, dit voel so asof my twee bene elk in sy eie rigting begin loop! Ek praat nie eens van die rigting waarin my arms, kop of pensie heen gewip het nie.
Ek sien wit voor my – my een kontaklens pop uit en lyk soos n pannekoek wat geflip word. Die ander lens krimp so en gaan plak sommer hier bo my oog vas. Dit lyk so asof die hele Aarde alreeds planeet Nibiru getref het en net ek sit nog vas aan die anderkant van die draad!
My tanne klap opmekaar, gedog ek het amper valstande in my mond gehad en ek lyk of ek erge koue koors ontwikkel hethet…weg is my nuwe stopsels, krone en sommer my voorste brug ook!!  Imagine hier staat ek, rook wat by my ore uittrek, amper soos ‘n  stoomtrein wat van sy spore geloop het, die veld in en hyg na meer steenkool om terug te loop na sy sporte…gitsswart…GMF….!!!
My kleintongetjie slaan gat-oor-kop en duik in my keelgat af, by my twee nuwe mangels verby, (of wag, ek het mos nie meer mangels nie) en my tong loop plak aan my verhemelte vas, want my spoeg het opgedroog.
In my agterkop speel die liedjie “Another Brick in the wall”. Ek mag ‘n teacher wees, maar wat de heck het dit met another brick in the wall te doen?????
Ek sien ‘n Chinese vuurwerk vertoning of was dit die 4th of July, wat van ‘n ander aard voor my oë afspeel. Ek sien spinwiele wat skitter, kleappers en vuurwerkvertonings wat die omgewing helder oordag aan die brand gesteel het…
My twee grootgesperde oë kyk in alle rigtings en vaagweg sien ek sommer al my vier  buurmanne?
Ek slaan met soveel geweld op die  grond neer, lyk of Leon Schuster  my  geshucks en sommer ge-choke-slam  het.   Ek  probeer toe maar stadig, baie baie stadig op staan, net daar doen ek splits beter as enige olimpiese gimnas of cheerleadertjie!! Die gil wat uit my huigende keelgat by my kleintongetjie verbykom, laat my klink soos ‘n plotrot wat die hele naweek gesuip  het.
Toe ek uit eindelik, swetend en huigend stil lê, hoor ek hom sê ” Hello buurvrou, (nogal met ‘n glinstering in sy flippen blou oë) ek wil maar gou by jou gehoor het of hierdie elektriese heining ooit nog werk? ”

Bliksem, is die man dan blind!!!

EkWasHier