Al die films en stories oor Kersfees bevat effekte soos sneeu, klokkies wat lui, kersliedere, kersbome, mense wat in die strate sing…takbokke wat kersvader se slee trek en heerlike hot chocolate word gedrink…maar Suid-Afrika is kokend warm en niks van bogenoemde gebeur ooit in Suid-Afrika nie.

IMG_20161205_184712.jpg

Kersfees, ‘n tyd wat ek verby wens.  Maar hierdie jaar is my dogter en seun by my en dit sal ‘n goeie jaar wees.  Gewoonlik wens ek dat Desember net verby kan vlieg.  Ek het vir jare nie ‘n mistletoe gehang nie, dink dis tyd dat die kersboompie opgeslaan word en geskenkies onder die boom geplaas word. ‘n Groen Boom met rooi ornamente en tinsels en alles wat rooi is…en dan ook liggies en ‘n goue ster bo-op…en by die voordeur sal ek die kerskransie hang, een met ‘n klok.

Die Noordelike Halfrond is mos hierdie tyd van die jaar in koue getooi…en geen keiser sou in die hartjie van die Winter ‘n volksstemming uitgeroep het nie…dis waar my navorsing begin het oor Kersfees.  Dit het baie interessanthede gebring, maar sal liewers nie daaroor uitwyk nie…immers, Kersfees is eintlik ‘n fees van kerse en elke kers het tog ‘n betekenis.  mag ek hierdie jaar ‘n kers brand vir baie blessings wat gegee en ook ontvang is.  En belangrikste van als, ons vier fees ter nagedagtenis aan die geboorte van Jesus.  Wat my van kleins af gepla het was;  dis nie jou verjaarsdag nie, waarom kry jy geskenke en dan is jy ook nie tevrede daarmee nie…geskenke is ‘n voorreg nie ‘n reg nie.  God het wel vir ons die geskenk gegee van Jesus…watse geskenk bied ek dan vir die wêreld om my?

Ek wil nie tussen mense wees wat my minderwaardig of kleinlik laat voel nie, ek wil nie tussen mense wees wat my laat voel asof ek hulle iets skuld nie.  Ek wil tussen mense wees wat my laat lag, my laat voel ek is geliefd en my aanvaar vir wie en wat ek is.

Voor kersdag wil ek kerskoek langs die strate aan minderbevoorregte mense gaan uitdeel.  Kerskoek wat ek self gebak het…pynappel kerskoek, en besprinkel met Amarula en nie brandewyn nie…(yukkk…brandewyn proe absoluut aaklig) Ek het tot hierdie jaar wit fondant en versiering oorgesit, gewoonlik is ek te lui daarvoor.  Gelukkig het Alicea ook ‘n goeie hart en sal dit saam met my gaan doen.

My wish upon a star het ek stilweg gevorm en dit aangestuur in die hemelruim in…en ek hoop van harte dit word hierdie jaar aangehoor…en wanneer dit waar word, dink ek, sal ek iets daaroor skryf.  Soveel films is gemaak oor kerswense en wishing upon stars…dis tyd vir myne en mag myne waar uit kom…

EkWasHier

img_20161205_184815