Boelies VS jouself wees…
25 Dinsdag Okt 2016
Posted Uncategorized
in25 Dinsdag Okt 2016
Posted Uncategorized
in25 Dinsdag Okt 2016
Posted Uncategorized
inJinne, so het ‘n skoolloopbaan van 12 jaar gevlieg. Laerskool was redelik stadig dog goeie jare, maar hoërskool het absoluut verby gevlieg – vir my. My seun sal natuurlik sê hy is dankbaar dis verby, net om later terug te verlang na die ‘goeie ou dae’. (dit hoor ek gereeld van oud-leerders)
Ek wil graag hiermee van die geleentheid gebruik maak om diegene te bedank wat met M bemoeienis gemaak het, wat werklik soveel ingesit het en hom leer ken het vir wie hy is. So min mense is bereid om ander werklik te leer ken en sodra mens dit doen, leer mens ‘n ander sy ken. My kind, ek is trots op jou, ek is oneindig lief vir jou, en ek weet jy gaan eendag dit nog ver bring. Jy het die seer in die lewe ervaar. Jy het die moeilike in die lewe ervaar, jy het gesien hoe ander swaarkry, selfs hoe jy self swaargekry het.
Jy wat my rots is, jy wat my anker en die rede is vir my voortbestaan…ek w
eet jy sal die een wees wat eendag ‘n goeie papa vir jou kinders sal wees, en ‘n besonderse man vir jou vrou.
Ek glo in jou my seun…mag jy ‘n geblessed eksamen binnegaan…
Luv u…
EkWasHier
23 Sondag Okt 2016
Posted Uncategorized
inFrustrasie op die stasie, die fluitjie willie blasie…die keer is dit my selfoon…ek sit sonder ‘n selfoon. Ek het die foon ingeneem, net om te hoor die charging port is stukkend. R280 later en dis reg, die ou wil nog sê die battery ook, maar ek weier, die battery makeer niks. Ek het ‘n foon by vriendin geleen, die man beweer toe dat die selfoon out of date is en hy stel voor dat hy die foon nuwe software nodig het.
Tuisgekom en vra my seun om asb die foon se software te update…een twee drie…en die foon word nou upgedate. So binne ‘n dag of 2 sal die foon updated wees en dan sal ek weer lekker kan gesels. My ou BlackBerrie’tjie is besig om in te gee…en ek luv die foontjie juis so baie.
Gee ‘n foon net vir die jonger geslag en alles val in plek. Dankie M en A…Mama het geen kennis van hierdie tipe tegnologie nie. Ek hou my veel eerder by my lees.
EkWasHier
17 Maandag Okt 2016
Posted Uncategorized
in‘n Uitmergelende dag, en hier sit ek en speel games op my foon. M kon lê by my en stel voor ons speel ‘kissing touches’, kyk dis nie die ‘kissing touches’ wat julle ken nie, dis die ‘kissing touches’ wat ons ken. So besluit en ons kry vir A om saam te speel.
Ons speel natuurlik wegkruipertjie. Sit al die ligte af, dis stikdonker en ek begin tel. (Nie dat ek regtig tel nie, ek sal maklik in tiene tel) Die twee besluit om deur die garage te gaan en buite weg te gaan kruip. Ek begin soek. Stamp eers my kop, toe my toon, toe loop ek vas in die meubels. Ek kom in die garage en glimlag, hmmm…die deur is nie gesluit nie en ek sluit toe…die twee hardloop verby die tweede meenthuis van myne af en daar begin die alarm skreeu. Rustig loop ek in en wag…vinnig vra hulle om in te kom…
Yeah! My beurt om weg te kruip. M moet tel. Ek kruip onder die breakfastnook in, presies tussen die nook en die rekenaar se tafel. M het gesorg dat beide teenaan mekaar staan vir sy rekenaar. Benoud wonder ek of daar afgestof is…netnou kruip ‘n spinnekop dalk oor my. Maar sit, sit ek. M soek en kry vir A – my wegkruipplekkie was goed, later, heel verveeld om so opgekrul met my ou lyf te sit, skreeu ek maar ‘WHA!’ uit toe hy verby stap. Hmmm, goed geskrik! Ons het ‘n paar keer so gespeel. Laas dit gedoen toe hulle kleiner was. Dit was werklik pret. Dink grootmense moet ook soms dit speel. Dink môre gaan die bene ‘n paar blou kolle hê en seer van die opkrul en wegkruip. Ja, LOL of hehehe of hahaha…ouvrou hou haar lyf jonk, voel beslis nie so nie…
Dis vir my so ‘n voorreg om saam met twee jongmense van 20 en 18 wegkruipertjie te speel. Steeds sal ons dit ‘kissing touches’ noem, want toe hulle klein was het ek hulle gesoen toe ek hulle gekry het…en dit het ons ‘kissing touches’ geword. Eendag, as ek bevoorreg is om kleinkinders te kan hê, sal ek die tradisie voortsit. Ek is bevoorreg om my 2 kids vanaand by my te kan hê, veilig en by my. Dis al wat ek het, en hulle twee is my trots, en besit die punt van my hart. Vanaand net opnuut besef hoe kosbaar die twee vir my is. Sonder die twee, is hierdie mama net ‘n leë dop…A en M is my hart se musiek…♫♪♫…die polsslag van my hart se volmaaktheid…♪♫♫…
EkWasHier
15 Saterdag Okt 2016
Posted Uncategorized
inDrup…drup…drup…die einste gedrup gaan my nog mal maak…ek hou nie daarvan as ‘n kraan drup nie. Tyd om die ou bobbejaanmoersleutel te gaan uithaal – spanner klink soveel beter as moersleutel. Ek verstaan waar kom die woord moersleutel vandaan, dis om die moere reg te…ag jy weet! Ek draai die waterkraan mooi styf toe en M gaan bad, daarna besluit ek om te gaan stort. Al die water moet immers goed opgebruik wees. Niks water in die stort nie…geen water in die krane nie…MOOI! Operasie moersleutel en kraan, hier kom ek! Draai krane oop, geen water…drup…drup…drup…net. Toe ek die kraan mooi los het by die muur, stroom die regterkantste water uit. Nogal waar die koue water is…maar nee!!! Dit stroom en ek sit die prop vinnig in die bad…dit stroom nie koue water nie, nee, dis dekselse kokende water…vinnig draai ek die washers, goed…goed…ringe om, want hulle makeer niks nie…en wag maar vir die bad om vol kokende water te tap. Uitendelik stop die water en ek sit die krane terug. Bad vol water, en gooi bietjie ys by, nee ek is ernstig…koel effens die water af en besluit om maar te bad! Krane is reg en lekker warm bad geneem…
Die windjie begin toe ‘n paar draai gooi en roer die gordyne effens. Die varsheid van die lug bring ‘n lafenis. Skielik volg die gedreun en woedend ruk die kwaai wind die gordyne heen en weer en ek hoor hoe die wind die ‘bushalte’ heen en weer ruk. ‘Oppi Deck’ se gordyne ruk ook heen-en-weer en dis toe ekke dink: Tyd vir Captain America…aaaggg, ek bedoel Mama EkWasHier om bietjie die ‘bushalte’ te gaan stut. Stap uit, en is vinnig terug, opsoek na die flitsie. Ai, toggie tog!! Batterye waar is julle…so sit ek die klein batterytjies een vir een in die houertjie in. Uiteindelik is die flitsie reg en ek strompel die donkerte in. Hier en daar (meer hier as daar) plons groot druppels op my neer. Ek kom by die ‘bushalte’ gryp een van die Tuscon se motorbande wat as sitplek dien en druk dit styf agter die rugkant van die ‘bushalte’ in en gryp nog ‘n band…mooi, nou is beide kante mooi gerugsteun. Bekyk my handewerk aan dié kant en toe aan daardie kant. ‘Purrrrfect!!!’ dink ek so en draai om en stap terug huis toe.
Baie produktiewe middag en aandjie gehad…vanaand slaap ek rustig, geen gedrup-drup in my ore nie en die gras is effens nat.
Ek is werklik dankbaar vir elke druppeltjie reën wat elke grassprietjie en blommetjie kom nat maak…die reuk van die reën is so welkom en verfrissend. Dit is die teken dat nuwe lewe voortspruit uit elke reëndruppel wat op die Aarde neer plof…Dankie, dankie, dankie…
EkWasHier
14 Vrydag Okt 2016
Posted Uncategorized
in13 Donderdag Okt 2016
Posted Uncategorized
in“It Is TruelY SaiD ThaT LaughteR Is ThE BesT MedicinE, BuT SomE PeoplE HatE MedicatioN!!!”
Life should be lived with a little more GRATITUDE instead of so much ATTITUDE
EkWasHier
13 Donderdag Okt 2016
Posted Uncategorized
in“And you? When will you begin that long journey into yourself?”
~Rumi
Tender words we spoke
to one another
are sealed
in the secret vaults of heaven.
One day like rain,
…they will fall to earth
and grow green
all over the world.
~Rumi
Life is Short….Eternity isn’t…..
THE BIBLE IN 50 WORDS
God made
Adam bit
Noah arked
Abraham split
… Jacob fooled
Joseph ruled
Bush talked
Moses balked
Pharaoh plagued
People walked
Sea divided
Tablets guided
Promise landed
Saul freaked
David peeked
Prophets warned
Jesus born
God walked
Love talked
Anger crucified
Hope died
Love rose
Spirit flamed
Word spread
God remained!
EkWasHier
13 Donderdag Okt 2016
Posted Uncategorized
inDit is die maand Oktober
Die mooiste, mooiste maand…so besig C Louis Leipoldt die mooiste maand…dis die maand wat ek beskou waar alles mooi en nuut en vars moet voortspruit…
Nou waarom is baie so moody en ongeskik teenoor ander? Waarom ‘agro’? Luister Poppie, gaan sit ‘n bietjie en raai wat…die son het nie gaan sak nie. Die son draai nie om jou nie… oe eh eh, sarkasme en agterafheid is nou sommer aan die orde van die dag…draai liewers stadig om en loop weg, moenie dat mense die trane van teleurstelling in jou opmerk nie…
Vandag na alle stories om my gesit en luister, soveel gesprekke, soveel praatjies…en die een wil die ander met ‘n soete glimlag uitmekaar torring, botter smelt beslis nie sommige se monde nie, raak veel eerder ‘n dik stuk vet wat vasklou aan die verhemelte…net om die kollig op hulself te kan kry. Hehe, die kollig is net ‘n oomblik; van korte duur…Sien hul dan nie die mooiheid in ander raak en probeer dit eerder ontwikkel nie?
Sal ‘n glimlag nie dalk beter gewees het as die aanval nie? Soms keer ‘n glimlag of iets moois die grimmigheid af as om dadelik iemand aan te val net omdat hul ongelukkig is. Ek is gelukkig binne my, en wil nie ongelukkig gemaak word deur ander se ongelukkighede nie. Ja ek kan kla, veral nou dat my TV en M se rekenaar deur al die kragonderbrekings ingegee het…ek kan kla oor baie goed, maar verkies om myself positief in te stel…
Ons het juis ‘n ‘lagterapie’ sessie gehadi.p.v. ‘n vergadering, en ek moet sê, ek het baat gevind daarby… en vandag juis vir myself gelag…eers skiet my ehm…onderklere se vasmaakknippie los, toe rek die bloes wawyd oop – ‘n lang matnaald werk toe nie so mooi nie… en gelukkig mag ek huis toe gaan om ander klere aan te trek. Net toe ek motor toe loop trek my skoen deur die lug soos die streppie bo-oor my voet los skeur, en die swart werkers wat agter my geloop het, bars uit van die lag…dis toe ek ook lag en skoene uit skop en motor toe loop en kaalvoet bestuur…Lag? My seun kan my laat lag dat my asem wegraak en hy my beveel om net asem te haal…ek lag so dat ek skoon uitasem is…dis hoe die lewe hoort te wees…lag en vrede…
Nou ja, Oktober bly vir my een van die mooiste maande, en alles word grasgroen en ons wag vir die reën…die voëltjies tjirp soggens en saans van pure lewenslustigheid…
Dankie vir genade en nuwe dae, nuwe lewe wat met die Lente bespeur word…ongeloofike blessings wat voortspruit…’n ou glimlaggie is beslis meer werd as ‘n duisend kreune en steune…
EkWasHier
11 Dinsdag Okt 2016
Posted Uncategorized
in
Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.