Hulle sê ‘n mens praat nie oor jou huweliksprobleme met vreemdelinge nie, nou het ek maar besluit ek sal liewerste skryf. . En as hierdie storie, “soos
Joost se boek”, dalk net een man kan help, het ek my doel bereik.
In elke geval om ‘n kort storie baie lank te maak, gaan ek by die begin, begin:
Ek het ‘n sout van die aarde, kerkvroutjie getrou, die tipe mens met wie jy ‘n baie
langpad kan loop, ‘n graad een onderwyseressie, die mees saggeaardste Namakwalandse
bloeiseltjie. Min het ek geweet daai bloeiseltjie kan na n paar jaar van huwelik
verander in ‘n stekerige KAKTUS. Soos met meeste struwelinge in ‘n huwelik
begin dit gewoonlik by jou vriende en my vriende, jou familie en my familie….
Ek kry toe mos nou eergister ‘n oproep van my vetplantjie wat sê ons gaan
vanaand ‘baba’ kyk.
Nou kyk ou, baba-kyk is nie hoog op my lys van lekker dinge doen nie, veral nie as
dit volksvreemde mense (soos Oubaas dit sou noem nie) is nie. Nou, ja… ek noem toe so saggies dat ek dit nie kan maak nie en die volgende oomblik word daar ‘n selfoon in my oor neer geblikss….gegooi.
Nou kyk, ek het nie gedink ‘n mens kan ‘n selfoon soos ‘n ou huisfoon gooi nie,
maar die flip weet, mamma is toe so moe….bedoel woedend ek hoor eintlik hoe tref die foon die Hyundai se splinternuwe dashboard met ‘n geskel daarby.
So besef ek mamma bestuur en praat op die selfoon en net daar raak sommer lus en
rapporteer dié krimineel, maar wat ek eintlik gedink het, was wat gaan daardie
dashboard nie kos om reg te maak nie?
Nou, ek is ook nie ‘n week getroud nie en ken mamma se streke en stuipe, haar in’s and out’s.
Eers kry ek toe die “silent treatment” – sy dink dit is ‘n straf maar dit is
eintlik baie rustig.
Toe dit nie werk nie, kry ek die koue skouer en die absolute sarkasme – nou as jy
regtig jou vrou so bef…bedoel kwaad wil maak dat sy die mure uitklim, dan moet jy maak asof jy net nie die sarkasme verstaan nie en dit heel ernstig opneem. Sy het toe
gedink ek gaan net daar ingee en saamgaan om die vrede te bewaar en haar haar sin gee, maar toe nie… Toe sy besef ek gaan nie saam nie, trek daai rooi bo-lippie styf
soos iets wat in spasma ingaan, en jy moet weet as daai rooi bo-lippie styf trek, trek die
ander twee toe soos ‘n plastiek speelpop se…se…ag jy weet.
Maar so staan ek mos nie bakhand vir ‘n wolscooter nie en ek besluit om aan
te gaan met my lewe. Met haar stywe rooi bo-lip of te not.
Terwyl sy na ‘n dag oue baba deur ‘n venster gaan kyk, en dit by ‘n hospitaal waar vreemdes nie in mag gaan nie, van mense wat ons een keer of twee keer in ‘n jaar sien? Sal ek dit nou ;n vraag of bevel of uitroep maak??? Goeie tye, is dit nie?
Wel, in elke geval sy kom toe eerste by die huis en bel om te hoor waar ek rondloop?
Ek verduidelik ek is by die winkel en kom nou! Ek koop nogal ewe ‘n diet-coke en vrugtestafie vir haar om te wys ek gee om vir haar en dat sy haar gewig moet dophou en om te wys daat ek ‘n millennium man is. “Nie dat ek nou bang is nie…nee, nie ek nie, ek is mos die man in die huis…”
Wel, toe ek daar inkom kry ek steeds die stywe rooi bo-lippie, en daar is toe niks
gemaak om te eet nie. Sy staan net met haar arms styyyyffff gevou oor haar bors…
Dit is mos die ander straf “die ék staak huiswerk omdat ék nié my sin gekry het nié”.
Maar my hande is nie rond of bak of staan vir enige iets verkeerd nie en ek maak net daar en dan vir myself ‘n toebroodjie. Toe sy sien die “ék staak” straf werk nie, kom staan sy voor my en toe begin die ka…ek bedoel moeilikheid.
Toe begin die ‘ge-naaaaggggggg’ stadium, ‘n gekerm en gekla, gehoes en geproes, tot in alle ewigheid. Die Bybel praat van ‘n vlamme hel, ek sê dis ‘n bogstorie, As daar ‘n hel is, sal dit wees waar jy sit met sewe vrouens wat almal gelyk sanik oor hoe ‘n k…bedoel ‘n slegte mens en man jy nou werklik is. Die manne wat getroud is sal beter verstaan wat ek hiermee bedoel.
Maar so is ek mos nou nie ‘n klip nie, en raak ook moe…verêrrelik en sommer vinnig ook, en besluit maar nou sit ek my voet neer. Wie is nou die baas en man in die huis? Ek natuurlik! Ek begin toe verduidelik vir haar dat ek werklik zero kan omgee oor wat haar vriende van my dink, omdat ek nie gaan’goo-goo, gaa-gaa’ oor ‘n wildvreemde baba wat ek nie eens ken nie. Berge val op my, dale sluk my in. En wie sê ek wil die baba se vriend wees?
En dat sy oor dit moet kom, of haar issues gaan afstap en my flippen uitlos.
Maar flippen steeds hou sy nie op nie, en ek besluit maar nou is dit tyd om
handgemeen te raak.
Nou, ek besef jy mag hulle mos nie meer slaan soos in die goeie ou dae nie,
en ek bliksem toe maar ‘n bord teen die kombuisvloer neer. Man die stukke het nog nie eens gaan stil lê nie en sy gryp my beursie en pluk my tweede laaste R50 vir die maand daaruit en sê sy gaan môre ‘n nuwe bord koop. Maar teen die tyd is ek al so liries bef..f…kwaad, en ek ruk sommer self my laaste R50 uit en sê sy moet maar twee gaan koop, en ek gryp nog ‘n bord en mik-mik so na haar voete met ‘n wille swaai beweging van my arm.
Sy skrik en koes-koes so gelyk, want ek dink sy dink – hoe gaan sy vir haar vriende
verduidelik ek het haar toon met ‘n bord gebreek. (nogal snaaks)
Maar met die wille bobbejaandans van haar begin ek mos net te lag en besef hoe
belaglik die hele affêre nou eintlik is.
Flippen groot, baie groot fout bra, jy lag nie vir ‘n vrou wat kwaad is nie!
Eers gryp sy die sleutels en gooi, maar sy mis my net-net en gooi amper die
agterdeur se venster uit.
Toe gryp sy MY bottel Whisky,.. ek wou nog koes maar toe tref hy my net so links
onderkant my lat se voorpunt, “so langs die knie”.
Sjoe! Dit was close. Ligloop nou broer.
Maar die aanval stop toe nie daar nie en mamma storm die kombuis binne soos
een van daai mal vrouens wat op Flavour Flave is.
So besef ek, maar shi…., ek het myself in die kombuis vasgekeer, hoe gaan ek nou hier uitkom… ‘n groot fout.
En die dag voor dit, het ons Ninja Assisans gaan kyk, nog ‘n groot fout.
Ek dog sy sê dit was ‘n boring fliek, maar sy het duidelik meer aandag as ek
daaraan gegee in die bioskoop.
Sy trek daar los met kaal hande, maar daai arms swaai asof sy twee ninjakas met
spykers in rond slinger, rats en akkuraat sê ek jou.
Ek focus en gryp haar om die polse om die aanslag te keer, maar flip weet, sy
doen daai flying-kick-back-twist-ankle-grinder-move en trap my op die bors
so tussen die borskas, my man-boob soft-spot. Sy skop my so hard, sodat ek hik en op my gat gaan sit, en so entjie nog skuif ook.
Daar lê ek plat in die kombuis so langs die Addis-vullisblik tussen die stukke
gebreekte borde wat my selektief sny soos ek probeer spartel om weg te kom van hierdie begeesterde bloeisel van my af.
Vir ‘n oomblik is ek in skok en dit voel soos ‘n ewigheid wat ek daar lê, maar binne twee sekondes later sien ek hier kom sy weer, maar die keer met ‘n nuwe besem.
Wragtig ‘n flippen besem, ek het nooit gedink sy weet wat ‘n besem is nie, sy wikkel die besem deur haar vingers soos ‘n wafferse trompoppie, en boetieeeeee, sy weet hoe om met ‘n besem te slaan.
Ek het mos nou die dag National Geographic gekyk na bobbejane wat ‘n klip optel en ‘n slang daaronder sien lê en besluit om dieselfde te doen en vinnig in ‘n bondel te gaan lê en maak asof ek dood is, maar dit het nie gehelp nie ek het steeds het ek lyfstraf gekry.
As dit nie was dat sy so onfiks was nie, was ek seker nou nog op die kombuis se
vloer tussen die splinters besig om pak te kry soos ‘n Capie wat ‘n brood
probeer steel het.
Toe alles uiteindelik gekalmeer het, en die hond en die budgie onder die bed uitgekom het en die kat van die gordyn se raam afgeklim het, het ons behoorlik lekker gelag oor die al die mannewales, die wriemelwippe en vrede gemaak.
Maar nou ja, die storie bewys dat jy wel mans kry wat soms ‘n pakslae kry by
mamma. Ek het net nooit in der ewigheid gedink ek sou een van hulle gewees het wat pakslae sou kry nie. Veral nie by my roos van Saron my narsing nie.
Die blink kant van alles is dat ek nou so rustig slaap soos ‘n baba, (nie dat babas altyd so rustig slaap nie) want ek weet as daar ‘n inbreker kom inbreek gaan hy goed op sy ehm…neus kyk, want sy gaan hom voorkeer en sy gaan hom bykom met borde en besems en wie weet wat nog.
Hoop net hy breek eers ‘n bord en vertel vir haar hy het nie ‘n beursie nie.
Groete
Jan van der Merwe
Ps: Moet asseblief nie vir my vrou sê dat ek hierdie storie oorvertel het nie.
Hierdie stuk is aangepas. Ek weet nie wie die oorspronklik deel geskryf het nie, maar alle eer aan hom…Maar sonder ons Evas, is geen man volmaak nie…
EkWasHier
Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.