Vriendskap kom soms met ‘n prys.  Soms is vriendskap duur en soms net goedkoop.  Maar om dit te bepaal moet jy eers iemand leer ken, hetsy oppervlakkig of dalk dieper.

Hoeveel kere ontmoet jy nie iemand nie en dink dit gaan ‘n lewenslange vriendskap wees nie…dan met ontnugtering kom jy agter dat hierdie vriendskap ‘n prys op gehad het.  Soms raak mense vriende om te sien wat jy uit die ander een kan kry.  Sommige mense wil nie alleen wees nie en sodra hul iemand ernstigs in hul lewens vind, word vriendskap eenkant toe geskop en dan sit jy en wonder hoekom??  Vriendskap het meestal ‘n prys.  Ek wonder soms of die mense besef wat hulle aan ander doen en ander laat wonder waarom hulle hierdie aksies meebring?  Hierdie vriendskap hoor jy slegs die hartseer wat hul ervaar, die eensaamheid, die probleme…

DAN ontmoet jy daardie hartsvriendin wat jou weirdheid verstaan, jou aanvaar nes jy is.  Nie ietsie buiten jou geselskap opsoek nie.  Soms kla ons saam en soms huil ons saam en meestal lag ons saam.  Dis mos hoe dit hoort.

Ek het hierdie van my Facebook geneem wat ek, vandag ‘n jaar gelede, geplaas het – gesamentlik met die foto:

Fake people are only nice
when it’s convenient for them
or they usually have a hidden agenda.
Genuinely
nice people go out of their way to help others
and they have an honest heart.
Stick with the ones who never let you down
and keep their promises.
You can’t fake that

weird crazy you.jpg

Laat dus jou vriendskap eg, eerlik, en nogal duur wees.  Goedkoop goed breek baie vinnig…

EkWasHier